Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kitsvloede: Lugmag red vasgekeerdes in Centurion
centurion, kitsvloede
'n Helikopter van die Suid-Afrikaanse lugmag het Maandagmiddag mense vanuit die Centurion-hotel in veiligheid gebring. Foto: Deaan Vivier

Die Suid-Afrikaanse Lugmag het Maandag ingegryp om mense wat in die Centurion-hotel deur vloedwater vasgekeer is, te verwyder. 

Dele van die hotel was Maandag onder water nadat die Hennopsrivier sy walle oorstroom en die vloedwater die hotel omring het. 

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê twee weermag-helikopters is ingespan om die mense te help. 

Altesaam 18 mense in die hotel is deur die weermag verwyder terwyl nooddienswerkers 17 mense na veiligheid gebring het. Volgens Mabaso het die twee helikopters die toneel verlaat.

Die een helikopter, ’n Oryx, is na Mamelodi buite Pretoria waar 'n klomp mense in ’n informele nedersetting deur vloedwater vasgekeer is.

Lees ook: Hennopsrivier oorstroom, Apies kan volg

Meer oor:  Vloede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.