Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
FOTO’S: 3de tornado tref VS – boer ‘sak inmekaar’ van skok

Tornado
Na goeie reën het 'n tornado die plaas Roodekraal in Steynsrus getref. Foto: Verskaf

’n Hoenderboer en sy vrou van Steynsrus in die Vrystaat het Saterdag probeer red wat te redde is nadat ’n tornado die vorige dag groot skade op hul eiendom aangerig het.

Dit is een van drie tornado’s wat waargeneem is en wat potensieel grootskaalse verwoesting kon veroorsaak het.

Malan Heyns van die plaas Roodekraal sê hy het “inmekaargesak” toe hy sien hoe ’n tornado sy hoenderplaas met 120 000 hoenders uitmekaar ruk.

“Eers het die wind opgesteek en toe begin dit reën. Dit is nadat ons in die week al 60 mm reën hier gemeet het.”

Toe die wind al hoe rowwer waai, is die gesin se trampolien daarmee heen en Heyns is agterna. Maricha, sy vrou, en hul twee klein dogters het huis toe gehardloop.

Die motorhuisdeure lyk of dit deur 'n woedende olifant bestorm is. Foto: Verskaf

“Binne vyf minute was daar absolute chaos. Dit was ook ná vyf minute alles verby,” sê sy.

Windstorm
Die wind het die dak soos 'n piesangskil afgetrek. Foto: Verskaf

’n Plaaswerker het lateraan vertel hy het gesien hoe ’n “ronde ding” die Heynse se huis oorslaan en deur die hoenderhokke beweeg. Die plafon en die mure is in flarde en toerusting is omgewaai. Geen van die 120 000 hoenders het seergekry of gevrek nie.

“Omdat hulle nog klein is, was daar genoeg ruimte en hulle kon weghardloop vir die boustukke wat val.”

Ook die dak van die onderneming se kantoor langs die hokke, is gelig en die van mure het omgetuimel.

Maricha sê dit is asof die reën “van onder” gekom het.

’n Groot tenk is ook deur die warrelwind omgestamp.

Heyns sê hy het nog nooit so iets gesien nie. “En ek hoop ek sien dit nooit weer nie.”

Tonie Rossouw, ’n weerkenner, sê daar kon Vrydag drie potensiële tornado’s in die binneland voorkom, met intense storms op verskillende tye bo Excelsior, suid van Winburg, Steynsrus tussen Lindley en Kroonstad, en Sannieshof in Noordwes.

Lees ook: Tornado saai chaos op plaas in Vrystaat

https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/tornado-saai-chaos-op-plaas-in-vrystaat-20191214

Die weerkantoor se radar wys die een noordwes van Steynsrus, wat omstreeks 15:30 voorgekom het, was ’n tregterwolk met ’n F2-sterkte.

Die water wat “van onder af” kom, kan toegeskryf word aan die water wat die tornado by ’n dam kon opsuig, sê hy.

“Tornado’s kom meer gereeld voor as wat ’n mens besef, omdat baie daarvan in landelike gebiede voorkom.”

Meer oor:  Vrystaat  |  Steynsrus  |  Stormwind  |  Tornado
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.