Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
FOTO'S: Rinkhals verorber padda

Dit is nie aldag dat ’n rinkhals in jou tuin ’n padda verslind nie.

Dít is die toneel wat Sondag tussen 17:30 en 18:00 op die plaas Bruwershoop in die Bethlehem-distrik voor dr. Roy en Astrid Jankielsohn afgespeel het.

Die rinkhals soek skuiling in ’n gat nadat hy ’n padda verslind het. Foto’s: Roy Jankielsohn

Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, sê dit is “bitter min” dat hulle met so ’n aksietoneel deur die natuur bederf word.

“Dit was opwindend. Ons was bevoorreg om die toneel reg voor ons oë te aanskou.”

Volgens Jankielsohn was sy vrou, ’n entomoloog, besig om die varke te voer toe die toneel sowat 30 m van hul plaashuis afspeel.

“Sy het my geroep en gesê sy het pas ’n padda sien spring en die volgende oomblik het die rinkhals hom opgeraap.”

’n Rinkhals is besig om ’n padda op Bruwershoop in die Bethlehem-distrik te verslind.

Hy sê hy het dadelik sy kamera gaan haal om die besonderse toneel af te neem.

Jankielsohn sê nadat die rinkhals, van sowat 1 m, die padda verorber het, het hy skuiling in ’n gat gaan soek.

“Maar hy was uiteraard te vet ná die maaltyd en het in die gras weggeseil.”

Die padda het nie ’n kans teen die slang gestaan nie.

Jankielsohn sê die slang het net op sy prooi gekonsentreer en hom glad nie aan hulle gesteur nie.

Hy sê hulle glo dat elke dier ’n doel en plek in die natuur het en daarom maak hulle nie diere dood nie.

Volgens hom was dit die tweede rinkhals wat vandeesmaand besoek by hulle afgelê het. Die eerste rinkhals, aansienlik groter as dié een, het sowat drie weke gelede voor hul voordeur gekuier.

Die slang is gevang en later naby die dam op die plaas vrygelaat.

Meer oor:  Roy Jankielsohn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.