Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Ganse dink staalplaat is oase in droë Namakwaland
Jan van der Berg, wat op die plaas Kromkuil tussen Boshof en Dealesville boer, het hier die nuwe spatsels groen afgeneem waar sy gronde gebrand het. Foto: Jan van der Berg

Dis so droog in die Namakwaland dat die ganse hier ’n sinkplaat aangesien het vir water en onmiddellik daarop wou rondplas.

Chrismari van der Westhuizen van Loeriesfontein vertel dié toneel was terselfdertyd “so snaaks, maar tog so hartseer” nadat haar man Franchwa Bat ’n staalplaat onder die boom gesit vir herstelwerk op die plaas.

“Nie lank nie of die ganse kom raas-raas en met baie entoesiasme aangewaggel. Dadelik probeer hulle water drink en bad op die plaat.”

Sy sê haar arme ganse ken nie van damme en plasse water nie.

“Hulle ken net die Boesmanlandse stof en moet maar bad in die waterbakke en krippe.

Hoewel ander dele hier vanjaar reeds goeie reën ontvang het, is daar droë dele wat steeds bakhand staan vir reën. Die Kalahari het vandeesweek reën gekry, maar dit was nie eens genoeg om aangeteken te wees deur die Suid-Afrikaanse weerdiens (SANW) nie. Die Boesmanland het nog glad nie reën gekry nie.

Chrismari van der Westhuizen van Loeriesfontein sê dit was ’n hartseer en snaakse toneel toe die ganse op hul plaas ’n stuk staalplaat aangesien het vir water. Foto: Chrismari van der Westhuizen
Chrismari van der Westhuizen van Loeriesfontein sê dit was ’n hartseer en snaakse toneel toe die ganse op hul plaas ’n stuk staalplaat aangesien het vir water. Foto: Chrismari van der Westhuizen

Intussen het die dele in die Wes-Vrystaat wat verlede maand erg onder die brande deurgeloop het ook goeie reën gekry.

Jan van der Berg van die plaas Kromkuil tussen Boshof en Dealesville vertel hulle het Sondag 8 mm, Maandag 18 mm, Dinsdag 4 mm en Woensdag 7 mm reën gehad.

Die groot brande het sy plaas rakelings gemis, en daarna het die donderweer “drie klein brandjies” veroorsaak wat maar 20 ha van sy gronde vernietig het.

“Die reën gee die boere wat erge brandskade gehad het beslis baie hoop.”

“Daar is lewe ná ’n brand as die reën gekom het. My pa sê altyd, die Liewe Vader het net een keer gesaai.”

Op Laetitia van Niekerk se plaas Graspan buite Boshof het ’n verbrande boom groen lote uitgeskiet en ’n beeld van nuwe lewe gebring.

“Die boom is swart gebrand, maar die mooiste groen blaartjies kroon die boomtop.”

Die SANW het ’n waarskuwing uitgereik vir hewige donderbuie in Gauteng, die suidoostelike dele van Noordwes en noordoostelike dele van die Vrystaat met suidwestelike winde waar neerslae en sterk winde, wat plaaslike oorstromings kan veroorsaak, voorspel word.

Bykans 40 mm reën is vanaf Sondag tussen Boshof en Dealesville gemeet. Foto: Jan van der Berg
Goeie reën is die afgelope week in die Wes-Vrystaat gemeet. Foto: Jan van der Berg
“Die bossie maak ’n skaap lekker vet,” sê Jan van der Berg. “Ek ken dit as Bloublommetjie-bossiee.” Foto: Jan van der Berg
’n Verbrande boom se nuwe groen boomtop het ’n beeld van hoop gebring vir boere wat deur die brande geraak is. Foto: Laetitia van Niekerk

Meer oor:  Droogte  |  Namakwaland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.