Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Gasa-leeus voel gras vir eerste keer in hul lewe
Motan en Pisa, die ouer leeupaar wat uit Gasa gered is, word in ’n toevlugsoord by Bethlehem in die Vrystaat afgelaai. Foto: Verskaf

Motan en Pisa, die twee leeus wat Maandag per vliegtuig na Suid-Afrika gebring is nadat hulle uit die Gasa-strook gered is, het Dinsdag vir die eerste keer tot nog toe gras onder hul pote gevoel.

Dit kom nadat Four Paws, ’n internasionale dierewelsynsorganisasie, Sondag daarin kon slaag om 47 diere uit die Rafah-dieretuin in die Gasa-strook te red.

Motan en Pisa is ná die reddingstog na Suid-Afrika gebring, waar hulle by die Lionsrock-toevlugsoord by Bethlehem in die Vrystaat vrygelaat is.

Die reddingspoging is glo bemoeilik deur ’n onwillige dieretuin-eienaar en geslote grense weens onrus in Gasa.

MJ Lourens, Four Paws-woordvoerder, sê die twee leeus het goed gedoen en sal intensiewe behandeling ontvang in die weke wat kom.

“Vanoggend was dit duidelik hierdie diere het nog nooit in hul lewe op gras geloop nie, en dat sementvloere al is wat hulle ken.”

Vanoggend was dit duidelik hierdie diere het nog nooit in hul lewe op gras geloop nie, en dat sementvloere al is wat hulle ken.

Hy sê die leeupaartjie was so katvoet om op die gras te loop dat ’n mens kon sien dat hulle tyd nodig het om hul nuwe oppervlak en omgewing gewoond te raak.

Die 47 diere wat Sondag gered is, sluit in vyf leeus, ape, vosse, wolwe, honde, katte en ander diere.

Die meeste van die ander diere is na Jordaniese toevlugsoorde vir diere geneem.

Onder hierdie diere was ’n leeuwyfie wie se kloue wreed verwyder is. Dié wrede verminking het vroeër vanjaar oor die wêreld heen woede ontlok.

Sy en haar twee sibbe het egter nou ’n nuwe tuiste by die “Al Ma’wa for Nature and Wildlife”, ’n reddingsprojek onder leiding van die Princess Alia-stigting en Four Paws.

Slegs die ouer paar leeus, Motan en Pisa, is na Suid-Afrika gebring.

Pisa kyk eers die wêreld goed uit. Foto: Verskaf
Pisa kyk eers die wêreld goed uit. Foto: Verskaf
Dit vra suutjies trap vir Motan om die wêreld te verken. Hy ken glo glad nie gras nie en het sy lewe deur op sement gestap. Foto: Verskaf
Gras is toe ’n lieflike ding! Motan raak stuk-stuk die nuwe aarde onder hom by die Lionsrock-toevlugsoord by Bethlehem gewoond. Foto: Verskaf

Meer oor:  Four Paws
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.