Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
‘Geblikte leeus het voordele’

Die VSA se verbod in 2016 op die invoer van “geblikte-leeu”-trofeë het daartoe gelei dat plaaslike leeutelers met ’n oorskot leeus opgeskeep was wat hulle uiteindelik moes doodskiet en na Asië moes uitvoer in ’n poging om hul koste te verhaal.

Michael ’t Sas-Rolfes meen geblikte jag moet toegelaat word.

Die onbedoelde gevolge van hierdie “ingryping” om leeus te beskerm was uiteindelik dat daar ’n groter mark vir leeubene in die Ooste geskep is, het Michael ’t Sas-Rolfes van die Universiteit van Oxford bevind.

Hy het verlede jaar ’n meningspeiling onder 117 leeutelers gedoen en bevind dat die verbod op die invoer van “geblikte-leeu”-trofeë na die VSA ’n geweldige negatiewe invloed op die plaaslike jagbedryf gehad het.

Sy navorsing het gefokus op leeus wat op plase van tussen 1 200 ha en 12 000 ha vir die jagbedryf geteel word. Leeus op dié plase leef nie wild nie en jag nie vir oorlewing nie.

Die VSA het sy verbod drie weke gelede opgehef en ’n leeutrofee (uit Tanzanië) is vir die eerste keer sedert Januarie 2016 in die land toegelaat.

Die helfte van alle buitelandse jagters wat in Suid-Afrika kom jag, is Amerikaners. Meer as die helfte van alle leeutrofeë in die land is afkomstig van leeus wat in gevangenskap geteel is.

‘Nuwe bloed en gene is gereeld op jagplase aangekoop.’

’t Sas-Rolfes het die afgelope week by die tiende Oppenheimer-navorsingskonferensie in Midrand gesê weens die verbod het heelwat minder jagters Suid-Afrika besoek en daar was skielik ’n groot surplus van leeus.

Hulle is op groot skaal van kant gemaak en hul karkasse is na Asië uitgevoer.

Hy sê ’n goedbedoelde beleidsingryping om die spesie te beskerm het uiteindelik die handelsdinamika verander en ’n onbedoelde gevolg gehad.

Hy sê bewaringsbewustes voer verkeerdelik aan dat die kommersiële teel van leeus sleg is vir die diere se genepoel. Nuwe bloed en gene word egter gereeld op jagplase aangekoop en die meeste leeus wat in gevangenskap geteel word, is geneties verwant aan leeus in Suider- en Wes-Afrika, sê hy. Dit maak hul genepoel heelwat beter as wilde leeus. Volgens ’t Sas-Rolfes is die toenemende wilde leeubevolking in Suid-Afrika ’n direkte gevolg van kommersiële telery.

“Suid-Afrika is die enigste plek waar die leeubevolking in die natuur toeneem, juis omdat dit die enigste plek is waar daar ’n teelprogram vir leeus in gevangenskap is,” sê hy. “Verskeie ander wildspesies kom op hierdie plase voor wat uiteindelik ook geweldig positief is vir natuurbewaring,” sê hy.

Die kommersiële teling van diere soos leeus is ’n opkomende bedryf wat belangrik is vir die ekonomie en dit behoort eerder beter gereguleer te word as wat dit verbied word, sê t’ Sas-Rolfes.

“As daar ’n verbod op die verkoop van leeus geplaas word, gaan leeus eenvoudig net soos renosters op ’n onwettige wyse gestroop word,” meen hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.