Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Geborg deur die departement van omgewingsake, bosbou en visserye: Dié besoedeling speel ook groot rol in klimaatsverandering

Meer as 300 afgevaardigdes het die departement van omgewingsake, bosbou en visserye (DEFF) se Plastiekberaad aan die Oos-Rand bygewoon.

Dr. Morné du Plessis

Kenners uit die bedryf, omgewingsgroepe en die regering het die volgende oor plastiekbesoedeling te sê gehad.

* “Die plastiekprobleem is veel groter as net dit wat ons kan sien. Plastiekbesoedeling speel ’n fundamentele rol as dit kom by klimaatsverandering en mense se gesondheid. Sowat 20% van die wêreld se koolstofvoetspoor kom van plastiek.

“Teen 2030 sal die koolstofgasse van die plastiekbedryf dieselfde wees as die koolstofgasse van 100 Medupi-kragstasies. Die regering moet veel ernstiger raak oor die probleem, afvalbestuur is nie genoeg nie, ons moet verantwoordbaarheid regdeur die lewensiklus van plastiek afdwing,” het dr. Morné du Plessis, hoof van die Wêreldnatuurlewefonds (WWF) in Suid-Afrika, gesê.

SA moet dringend afvalbestuur verbeter.

* “Munisipaliteite besit verbruikersafval, maar dit word nie gesorteer nie. Sowat 90% van afval beland op stortingsterreine en ons het geen idee waaruit dit bestaan nie.

“Veral plattelandse munisipaliteite moet die regte besluite oor afvalbestuur neem. Tegnologie moet na plaaslike vlak geneem word. Verbruikers moet daarop aandring om te weet of afval werklik herwin word of nie,” het prof. Cristina Trois van die Universiteit van KwaZulu-Natal gesê.

* “Sowat 64% van huishoudelike afval word deur munisipaliteite ingesamel. Op sommige plekke word vullis by huise geskei, maar ons het ’n tekort aan infrastruktuur,” het Bala Nengovhela, hoof van afvalbestuur by die South African Local Government Association (Salga), gesê.

Prof. Cristina Trois

* “Die wêreld moet aandag skenk aan plastiekbesoedeling. Ons moet ’n sirkulêre ekonomie dryf en die gaping sluit deur hergebruik en herwinning. Ons moet seker maak dat waardevolle plastiek nie weggegooi word nie.

“Druk van verbruikers maak ’n groot verskil. Daar is geen wetgewing wat plastiekstrooitjies verbied nie, maar baie restaurante verkies om dit nie langer te be-dien nie,” het Mark Gordon, adjunkdirekteurgeneraal van afvalbestuur by die DEFF gesê.

* “Die groot uitdaging in Suid-Afrika is ’n gebrek aan behoorlike afvalbestuur. Daar is nie genoeg infrastruktuur nie. Afval het waarde, maar as ons dit nie by die bron kan insamel nie, kan ons dit nie herwin nie.

Mark Gordon

“Ons moet gedrag verander sodat ons insamel wat ons vervaardig. Ons moet alle afval insamel.

“Ons moet ook innoverend raak met die ontwerp van produkte en verpakking,” het Anton Hanekom, hoof van Plastics SA gesê.

* “Coca-Cola het ’n jaar gelede die #worldwithoutwaste-veldtog geloods. Ons mikpunt is om teen 2030 dieselfde aantal bottels te versamel en herwin as wat ons internasionaal verkoop.

Simon Mbatha

“Ons kyk ook na beter ontwerpe vir ons produkte. Hulle dra by tot die internasionale verpakkingsprobleem en dit is ons verantwoordelikheid om die uitdaging te takel. Ons kyk onder meer daarna om verpakking ligter te maak en om kleur daaruit te haal om dit meer herwinbaar te maak,” het Luis Avellar, hoofbestuurder van Coca-Cola se Suid-Afrika Franchise, gesê.

* “Afvaloptellers is die ruggraat van die herwinningsbedryf, maar ons moet die laastes wees wat op vullishope of met rommeltrollies werk. Afval moet behoorlik bestuur word.

“Ons werk nou saam met die departement en die bedryf ondersteun ons, maar mense moet ook besef dat afvalbestuur ’n diens is waarvoor hulle moet betaal,” het Simon Mbatha, voorsitter van die South African Waste Pickers Association gesê.

Meer oor:  Herwinning  |  Besoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.