Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
‘Gee haar vandag eerder ’n boom’
’n Klant koop gister, op die vooraand van Valentyns­dag, ’n bos blomme in Kaboel, Afganistan. Foto: AP

’n Bos blomme laat menige vrou se hart smelt, veral op Valentynsdag.

Maar gee jou geliefde eerder ’n boom, want die blombedryf is eintlik nadelig vir die omgewing, sê die bewaringsorganisasie Tree-Nation.

’n Enkele snyblom stel volgens die organisasie sowat 3 kg koolstofdioksied (CO2) in die atmos­feer vry.

“Die blombedryf het ’n massiewe koolstofvoetspoor.

“Die grootte van die voetspoor word bepaal deur die manier waarop blomme geplant, versorg en uitgevoer word,” sê die Spanjaard Maxime Renaudin, stigter van Tree-Nation.

Hy sê die wêreldwye produksie van snyblomme beloop sowat65 miljard.

Die bedryf skep vir duisende mense werk, maar dit hou aansienlike koste vir die omgewing in.

Die meeste blomme wat bloemiste koop, word in Nederland, Kenia, Colombië en Israel gekweek.

Op Valentynsdag is die gewildste blomme rose, orgideë en angeliere.

Die invoer van blomme vergroot die bedryf se koolstofvoetspoor geweldig, sê Renaudin.

Blomme wat op groot skaal geproduseer word, het ’n groot voetspoor omdat dit energie- en waterintensief is.

Sodra die blomme afgesny is, moet dit verkoel word en dít verg energie.

Die kweekhuise in Nederland word byvoorbeeld gedurende die koue Europese winters verhit en dít verg ook energie.

Daarenteen neem ’n boom minstens­ 250 kg CO2 in sy leeftyd op.

“Terwyl ’n bos blomme net ’n paar dae vars bly, hou ’n inheemse boom ’n leeftyd as aandenking,” sê Renaudin.

Meer oor:  Blomme  |  Valentynsdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.