Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Geen teken van verwoestende kewer in Tuinroete-park

Dit blyk dat die Tuinroete Nasionale Park in die Suid-Kaap, wat die bekende Knysna-bos-gebied insluit, tot dusver die verwoestende indringer-boorkewer (Euwallacea fornicatus) vrygespring het.

Skade wat die verwoestende indringer-boorkewer (Euwallacea fornicatus) aan ’n boom aangerig het.Foto: Verskaf

Vir nou wys vroeë waarnemings dat die kewer nie in die meeste inheemse bos-gebiede voorkom nie, sê Sanparke in ’n verklaring.

Volgens Sanparke beteken dit egter nie dat daar nie vir die kewer uitgekyk moet word nie.

Die kewer val bome aan en laat ’n fungus agter wat verhoed dat water en voedingstowwe sekere dele van die boom bereik. Dit veroorsaak dat takke doodgaan en dat die boom uiteindelik vrek.

Graham Durrheim, bos-ekoloog van Sanparke, sê plekke binne en buite die park is deur prof. Francois Roets van die Universiteit Stellenbosch (US) besoek. Roets het ook die botaniese tuin in George, die Knysna Pledge-natuurreservaat, die Forever-oord en die Katrivier besoek.

Volgens Durrheim is die kewer afwesig by die Tsitsikamma-grootboom, Diepwalle in Knysna, Stormsriver, Nature’s Valley en die Tuin van Eden tussen Knysna en Plettenbergbaai.

Hy sê dit is moeilik om die kewer te identifiseer en dat dit heel moontlik is dat berigte oor kewers in ander gebiede van die Tuinroete wel inheemse boorkewer-spesies kan wees. Kundiges van die bosbou- en landbou-biotegnologie-instituut van die Universiteit van Pretoria (UP) het ook reeds die Tuinroete besoek as deel van ’n ondersoek na die kewer.

Volgens Sanparke sal kewer-besmetting waarskynlik voorkom op plekke wat toeganklik is vir die publiek, veral waar moontlik besmette brandhout gebruik is soos piekniekplekke, ruskampe en langs toegangspaaie.

Daar sal ook ’n nasionale aanmeldpunt wees waar besmettings deur die kewer in die toekoms aangemeld kan word.

Na ’n onlangse vergadering in Kaapstad van ’n provinsiale taakspan wat met die kewer gemoeid is, kan moontlike beheermaatreëls wat in die Staatskoerant afgekondig gaan word, insluit dat brandhout nie in beskermde gebiede ingebring mag word nie.

Daar sal ook ’n nasionale aanmeldpunt wees waar besmettings deur die kewer in die toekoms aangemeld kan word.

Sanparke het ’n beroep op lede van die publiek gedoen om moontlike besmette gebiede in die park aan te meld, asook plekke waar die kewer nie voorkom nie.

Dit sal help om ’n meer omvattende opname oor die huidige stand van sake saam te stel, sou die kewer in die park voorkom. Stuur ’n epos na

graham.durrheim@sanparks.org of jessica.hayes@sanparks.org.

Meer oor:  Sanparke  |  Tuinroete  |  Knysna  |  Fungus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.