Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Geheue vir 1ste keer in seeslakke oorgeplant

Navorsers het daarin geslaag om ’n kunsmatige geheue te skep deurdat hulle die geheue van ’n seeslak na ’n ander kon oordra.

Dit is gedoen deur ribonukleïensuur (RNS) van die een seeslak in te spuit in ’n ander, luidens die vaktydskrif eNeuro.

Prof. David Glanzman wat die studie gelei het om geheue oor te dra van een seeslak na ’n ander.Foto: Christelle Snow, UCLA

Prof. David Glanzman, ’n neurobioloog aan die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles, wat die studie gelei het, sê dié navorsing word veral gedoen met die oog op die behandeling van Alzheimer se siekte en posttraumatiese stres.

RNS is onder meer ’n sellulêre boodskapper wat proteïene maak en die instruksies van DNS uitvoer. Dit kodeer ook die gene en reguleer verskeie prosesse in selle wat betrokke is by die ontwikkeling van siekte.

Die seeslakke is matige elektriese skokke aan die stert toegedien. Dit het tipies hul refleks verhoog om hulself te beskerm. Hulle het uiteindelik geleer hulle gaan geskok word, want later het hulle die stert weggetrek as iets daaraan geraak het.

Die RNS van die senuweestelsel van sewe seeslakke wat die skokke gekry het, en sewe slakke wat nie geskok is nie, is toe onttrek en ingespuit in onderskeidelik ’n kontrolegroep van sewe en ’n eksperimentele groep.

Geeneen van die slakke wat die RNS gekry het, is ooit geskok nie. Die groep wat ingespuit is met RNS van slakke wat geskok is, het reageer asof hulle dit wel ervaar het. Geheue kan dus nie net oorgedra word in dié diere nie, maar dit kan moontlik in senuwees soos sinapse gestoor word.

Seeslakke het 20 000 senuweeselle in hul sentrale senuweeselle en mense sowat 100 miljard.

Meer oor:  Eneuro  |  David Glanzman  |  Ribonukleïensuur  |  Kunsmatige Geheue  |  Seeslakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.