Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Gekombineerde damvlak in O-Kaap daal

Hoewel reën in die Oos-Kaap volgens die departement van water en sanitasie nie skaars is nie, daal die provinsie se gekombineerde gemiddelde damvlak weekliks.

Luidens die jongste statistieke het die watervlak van die provinsie se opgaardamme van 53,4% verlede week tot 53% vandeesweek gedaal.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, sê al toon die gekombineerde damvlak ’n daling is daar wel droogtegeteisterde gebiede waar daar ’n styging was.

In die Amatole-distrik het die vlak van die Gcuwa-, Bridle Drift- en Rooikrantzdam gestyg. Die Gcuwa-dam is op 89,3% (teenoor 87,7% verlede week), die Bridle Driftdam 33,8% (32,3%) en die Rooikrantzdam 100% (98,5%).

Die Chris Hani-distrik, wat voorheen tot droogtegeteisterde gebied verklaar is, se damvlakke het ook gestyg. Die Macubenidam is 100% vol, ’n reuseverbetering in vergelyking met 81,6% dieselfde tyd verlede jaar. Die Xonxadam se vlak het van 100,1% verlede week tot 100,3% gestyg en die Tsojanadam is steeds 100% vol.

Die damme wat die Nelson Mandelabaai-metro en die Sarah Baartman-distrik van water voorsien, se damvlak het egter gedaal. Die Kougadam het van 8,8% verlede week tot 8,4% vandeesweek afgeneem en die Loeriedam van 72,8% tot 70,6%. Die Kromrivierdam toon ook ’n afname van 53,9% tot 52,3%.

Rautau sê die departement moedig inwoners aan om steeds water te bespaar.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Damvlakke  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.