Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Geliefde luiperd geskiet ná konflik met mense
Hukumuri, ’n geliefde luiperd van die Laeveld, is in Januarie doodgeskiet nadat hy begin het om vee dood te byt. Foto: Facebook

Een van die bekendste luiperds in die Laeveld, Hukumuri, is volgens ’n plasing op die Facebook-blad van die Djuma- private natuurreservaat doodgeskiet.

James Hendry en Jamie Paterson, twee redakteurs van die webblad Africa Geographic, het vasgestel dat Hukumuri reeds op 16 Januarie doodgeskiet is.

Hukumuri was een van die gewildste wilde diere in die Sabi Sands-wildtuin, maar hy het blykbaar buite die reservaat gejag en só sy doodsvonnis geteken.

Mpumalanga se parke-en-toerismeraad (MPTA) het aan Hendry en Paterson bevestig dat Hukumuri geskiet is omdat hy begin het om plaaslike inwoners se vee te vang en ook ’n hond doodgebyt het.

Volgens die owerhede het Hukumuri varke en bokke doodgebyt.

Romina Mathonsi, een van die inwoners van die nedersetting en die ma van sewe kinders, het bykans al haar vee verloor en Hukumuri is opgemerk waar hy skaars 100 m van haar huis in die bos geskuil het.

Hy het ook haar hond doodgebyt.

Natuurbewaarders van die Manyeleti-natuurreservaat het met die toestemming van MPTA die luiperd se spoor gevat en hom doodgeskiet.

Hukumuri is as ’n bedreiging vir menselewens beskou omdat kinders dikwels vee oppas en inwoners van die nedersetting baie bang was vir die luiperd.

Volgens Africa Geographic was dit bekend dat Hukumuri deur ander mannetjies uit sy gebied verdryf is en dat die kanse om hom suksesvol te hervestig baie skraal was.

Op foto’s van Hukumuri vroeg in Januarie vanjaar, is dit duidelik dat hy ’n diep wond aan sy skouer gehad het. Hy het ook voorheen sy een oog verloor en sommige meen dit het daartoe bygedra dat hy begin het om vee te vang.

Mense het met hartseer op die nuus reageer, maar meestal gesê hulle verstaan dat Hukumuri menselewens bedreig het.

Daar word gereken dat Hukumuri laat in 2012 of vroeg in 2013 gebore is.

Foto’s van ’n jong luiperd wat in 2015 in die suide van die Krugerwildtuin geneem is, het gelyk na die van ’n luiperdmannetjie wat sedert 2018 in die Sabi Sands-omgewing, sowat 100 km daarvandaan, gesien is.

’n Facebook-blad wat in 2018 vir Hukumuri geskep is, het die laaste paar dae heelwat foto’s en selfs skilderye van dié bekende dier geplaas.

https://www.facebook.com/Hukumuri.Male.Leopard

https://africageographic.com/stories/the-death-of-hukumuri/?fbclid=IwAR3xABjTPcclNzPkFVtT0ihyFvrpyBNFYB43icyPS7PR5Z9EqKUXj5aNkw8

Meer oor:  Luiperd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.