Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Gevaarligte flikker, maar MMSES verwerp dit

Die uitvoerende hoof van die Musina-Makhado Spesiale Ekonomiese Sone (MMSES) sê hy verwerp “waarskuwings” dat grootskaalse nywerheidsontwikkeling, wat onder meer ’n steenkoolwassery en kragstasie insluit, ’n vernietigende impak op die omgewing sal hê.

Lehlogonolo Masoga sê daar is ’n “opportunistiese narratief” onder belanghebbendes in Limpopo wat meen dié sone gaan die gebied se grondwater besoedel, akwatiese biodiversiteit vernietig, voedselsekerheid in die gevaar stel en klimaatsverandering help versnel.

Hy sê hy steur hom nie aan hierdie vermanings nie.

“Ons is glad nie van plan om die druk op bestaande water in die gebied verder te verhoog nie.”

Hy meen ’n reuse-dam van “ ’n hele paar miljard rand” is een van die moontlike planne vir die Limpopo-kom, sodat die ontwikkeling van die South African Energy Metallurgical Base, ’n Chinese maatskappy wat die nywerheidsone in die Vhembe-biosfeer gaan bestuur, kan begin.

Hy sê die MMSES het ook wetenskaplikes van die departement van water en sanitasie en menslike nedersettings aangestel om die omvang van ’n akwifer in Zimbabwe te ondersoek, om water van hier deur ’n oordragskema na die Limpoporivierkom te bring.

Die destydse minister van handel en nywerheid, Rob Davies, het reeds in 2017 die operasionele lisensie vir die sone aan die South African Energy Metallurgical Base toegeken.

Dié maatskappy behoort aan die moedermaatskappy Shenzhen Hoi Mor Resources. Masoga sê dié maatskappy het R255 miljard ($15 miljard) in die sone belê.

Ons is woedend. Iemand het reeds ’n tender van R12,3 miljard ingestuur vir die bou van die dam. Boonop is die kontrak wat met die Chinese gesluit is, geldig vir 120 jaar. Hoe strook dit met die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering wat Suid-Afrika onderteken het?

“Die sone is gerat om ’n ongeëwenaarde katalisator te wees vir die sosio-ekonomiese voorspoed van die hele bevolking van Suid-Afrika. Die MMSES kan nie meer gestop word nie.”

Hy het daarop gewys dat Suid-Afrika en Limpopo “oorvloedige” steenkoolbronne het wat nodig sal wees vir die bedryf van die sone. Dit sal ook ’n chroomaanleg en ’n vlekvryestaalaanleg insluit.

Intussen het Adrienne Liebenberg ’n internetveldtog begin onder die naam “No to SEZ” sodat mense hul stemme oor dié ontwikkeling kan laat hoor.

Sy sê sy en haar susters, Kerry en Lauren, woon op ’n reservaat en dit is hiér waar die massiewe dam beplan word.

“Ons is woedend. Iemand het reeds ’n tender van R12,3 miljard ingestuur vir die bou van die dam. Boonop is die kontrak wat met die Chinese gesluit is, geldig vir 120 jaar.

“Hoe strook dit met die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering wat Suid-Afrika onderteken het?”

Volgens Liebenberg toon studies 40% van die Limpoporivier se water gaan gebruik word om “hierdie steenkoolmonster te voed”.

Belanghebbendes kan tot 21 Oktober op die konsep-omgewingsimpakstudie kommentaar lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.