Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Goeie reën in die noorde haal nog nie rekords

Nog milde reën word vir die noordoostelike dele van die land verwag ná goeie reënval die afgelope maand.

Reënvalsyfers van die afgelope vyf jaar vir Gauteng, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga toon egter dat nog baie reën sal moet val om die rekordsyfers van 2017 te troef. 

Provinsie reënsyfers

Volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens, wat die reënvalsyfers byhou, is die Pilanesberg in Noordwes die enigste plek in die vier provinsies wat die afgelope 40 dae ’n rekordreënval teenoor die vorige vyf jaar ontvang het.

Dié 40 dae is gemeet van 1 Desember tot 10 Januarie.

In Johannesburg is 178,6 mm by die botaniese tuin gemeet teenoor die rekord 200,6 mm van 1 Desember tot 10 Januarie 2014/’15.

By die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe was die afgelope 40 dae se syfer nie beskikbaar nie, maar in 2017/’18 het 207,3 mm uitgesak.

Tshanowa Primary School in Thohoyandou, Limpopo, is die plek om te wees as ’n mens van reën hou. In 2016/’17 is 356 mm gemeet en die afgelope 40 dae het 318,2 mm geval.

Dorpe reënsyfers

Swaar reën die afgelope Desember het egter ook skade aangerig:

Gauteng

Die grootste oorstromings was in Sebokeng en Evaton by Vanderbijlpark waar meer as 70 huise in Desember beskadig is. Verskeie paaie is ook beskadig.

Keith Khoza, woordvoerder van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in Gauteng, sê die departement bly op ’n gereedheidsgrondslag om verligting te bied aan inwoners waar daar oorstromings is.

Inwoners in Lonehill in Johannesburg het Dinsdag swaar reën in die gebied ervaar.

Die provinsie het verlede week met opruimings begin nadat verskeie paaie op Nuwejaarsdag oorstroom het.

Paaie, veral in Alexandra in die noorde van Johannesburg, is verspoel.

Verskeie afvoerslote wat in Pretoria verstop was, het tot oorstroomde paaie gelei, maar geen ernstige vloedskade is aangemeld nie.

Noordwes

Op 15 Desember is verskeie gastekamers en groot dele van Sun City se vermaaklikheidsgebiede oorstroom toe 'n haelstorm die vakansieoord getref het.  

Mpumalanga

Volgens George Mthethwa, Cogta-woordvoerder in Mpumalanga, was die grootste skade die gevolg van ’n kitsvloed by die Forever Resorts Badplaas-vakansieoord op 28 Desember. Die onderdakswebaddens en warmwaterswembad het veral groot skade opgedoen. Die vakansiebestemming het op sy Facebookblad vrywilligers uit die plaaslike gemeenskap bedank vir hul harde werk met herstelwerk.

Limpopo

Die R521-pad van Dendron na Ga-Semenya buite Polokwane in dié provinsie was verlede week verspoel. 

Op sosiale media het foto's ingestroom van die afgelope 40 dae se lekker reen in dié vyf provinsies.

Op Bloukop naby Morgenzon in Mpumalanga het dit Donderdagoggend 30 mm gereën. Foto: ReënvalSA/Jannie van Aswegen
’n Groot storm Donderdagoggend in Montana, Pretoria. Foto: ReënvalSA/Amber Roelie Rabie
Pretoria Donderdagoggend vanaf die Carousel-plaza op die N1. Foto: ReënvalSA/Rentia Keyser
Die Nsimane-dam, 7 km van Satara in Mpumalanga, het Dinsdag water gekry nadat dit vroeër dolleeg was. Foto: ReënvalSA/Heleen Whitfield
Die Limpoporivier by die Groblersbrug-grens tussen Suid-Afrika en Botswana het Dinsdag baie reën gekry.Foto: ReënvalSA/Nelie Fourie
Die Middelburgdam in Mpumalanga was teen Dinsdagoggend 91% vol. Foto: ReënvalSA/Jaco van der Walt
Dinsdag het die Wolke in Rustenburg in Noordwes só gelyk. Foto: ReënvalSA/Rosseau Fourie
’n Storm Maandag in Klerksdorp, Noordwes.Foto: ReënvalSA/Annelien de Beer
Die weerlig Sondag in Rustenburg, Noordwes. Foto: ReënvalSA/Ansie van Zyl
Paaie in Kiblerpark, suid van Johannesburg, was Sondag oorstroom.Foto: ReënvalSA/Bianca van der Mescht
Die Nylstroom in Limpopo het Sondag baie reën gekry. Foto: ReënvalSA/Franco van Deventer
Meer oor:  Mpumalanga  |  Limpopo  |  Noordwes  |  Gauteng  |  Reën  |  Reënval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.