Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Groen Skerpioene ondersoek klagte van bloed, afval in Nyl
‘n Skermgreep van ’n video op die VF Plus se webtuiste, waar Modimolle se munisipale abattoir glo bloed en afval in die Nylrivier stort. Foto: Skermafdruk

Die Groen Skerpioene gaan glo die VF Plus se klag oor erge besoedeling van die Nylrivier in die Modimolle-gebied in Limpopo ondersoek.

Luidens ’n mediaverklaring van dié party word die rivier met riool, bloed en fetusse van Modimolle se munisipale abattoir besoedel.

Die party het sowat twee weke gelede strafregtelike klagte teen die munisipale bestuurders van die Waterberg-distriksmunisipaliteit, die Modimolle-Mookgophong- plaaslike munisipaliteit en die bestuurder van die munisipale abattoir op Modimolle ingedien.

“Die huidige situasie is onaanvaarbaar en skep ’n daadwerklike gesondheidsrisiko vir mens en dier,” sê Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo.

“Dit is ook ’n blatante oortreding van die Waterwet en verskeie ander omgewingswette.”

Yolanda Meissenheimer, ondersoekbeampte van die Groen Skerpioene, het glo opdrag gegee dat die abattoir enige verdere storting van bloed of afval in die rivier summier moet staak.

Die VF Plus sal Maandag die situasie by die abattoir dophou om seker te maak die opdrag word uitgevoer.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, het Sondag herhaaldelik gesê hy kry nie die Groen Skerpioene in die hande om kommentaar oor die saak te lewer nie.

Meer oor:  Modimolle  |  Omgewingsbewaring  |  Afval  |  Gesondheid  |  Groen Skerpioene  |  Water  |  Bloed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.