Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Groot kans op reën in Wes- en Oos-Kaap
Vrydag word ’n 60%-kans op reën oor groot dele van die Suidwes-Kaap verwag, met nog reën teen Saterdag in die Suid- en die Oos-Kaap. Foto: Jaco Marais

’n Groot kans op reën word vir Vrydag oor die grootste deel van die Wes-Kaap voorspel, wat tot Saterdag in die Oos-Kaap sal voortduur.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag ’n 60%-kans op reën die middag in Kaapstad, die Paarl, Hermanus en Grabouw, sowel as ’n 60%-kans op reënbuie in Plettenbergbaai.

Temperature van onder 30 °C word vir die grootste deel van die Wes-Kaap voorspel, met ’n suidwestewind van tot 30 km/h.

Mis word die oggend aan die Weskus en oor die Suidwes-Kaap verwag en bewolkte weer oor die Suid-Kaap.

Vir Clanwilliam, Redelinghuys, Langebaan, Malmesbury, Kaap Agulhas, Riversdal, Mosselbaai, George en Oudtshoorn is daar ’n 30%-kans op reën.

In die Oos-Kaap word gedeeltelik bewolkte tot sonnige weer Vrydagoggend verwag, met ’n 30%-kans op reën teen die middag in Port Elizabeth, Uitenhage, Port Alfred, Oos-Londen, Grahamstad, Bhisho, Fort Beaufort en Mthatha. Daar is ook ’n 60%-kans op reënbuie in Joubertina.

In Port Elizabeth word ’n suidwestewind van tot 50 km/h verwag, met ’n windspoed van tot 40 km/h in Uitenhage en Port Alfred.

In Queenstown kan die kwik tot 37 °C styg, met 36 °C in Mthatha.

Sonnige weer word Saterdag oor die grootste deel van die Wes-Kaap verwag, met ’n 30%-kans op reën in Riversdal, Mosselbaai, George en Plettenbergbaai.

In die Oos-Kaap is daar ’n 30%-kans op reën met ’n suidelike tot suidwestewind van 30 km/h tot 40 km/h.

Daar is ’n 30%-kans op reën in Port Elizabeth, Uitenhage, Port Alfred, Oos-Londen, Port St. Johns, Joubertina, Graaff-Reinet, Grahamstad, Bhisho, Fort Beaufort, Mthatha, Cradock en Queenstown.

¦ Die Weerdiens het Donderdag teen 08:00 reënval van 3 mm in Knysna en George vir die voorafgaande 24 uur gemeet.

In die Oos-Kaap is 12 mm op Koffiebaai gemeet, met 10 mm in Oos-Londen, 7 mm in Port St. Johns, 4 mm in Patensie, 2 mm in Port Alfred en Tsitsikamma en 1 mm in Bisho en Grahamstad.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Oos-Kaap  |  Reën  |  Weer  |  Weervoorspelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.