Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Grootwithaai se sprong laat oë rek
’n Grootwithaai van 3,5 m lank spring uit die water naby die kus by Groot-Brakrivier. Die foto is verlede Dinsdag geneem.Foto: Dylan Irion | Oceans Research

’n Foto van ’n 3,5 m lange grootwithaai wat naby Groot-Brakrivier uit die water gespring het, maak opslae.

Die foto is verlede Dinsdag omstreeks 15:00 geneem toe twee navorsingsbote, een van White Shark Africa en die ander van Oceans Research, naby die kus by Groot-Brakrivier was.

Gibbs Kuguru, kaptein van White Shark Africa se boot, sê die navorsingspan was op die uitkyk vir gladde hamerkophaaie toe die grootwithaai uit die water gespring het.

“Hoewel ons elke dag haaie sien, was ons steeds verras toe die mooi dier so skielik te voorskyn kom,” sê hy.

Dylan Irion van Oceans Research het die sprong op kamera vasgelê en dit op White Shark Africa se Facebook-blad geplaas.

Volgens Kuguru is dit nie ongewoon vir haaie om uit die water te spring nie. “Dit is natuurlike gedrag en slaan ’n mens se asem heeltemal weg. Diegene wat dit beleef, is regtig baie gelukkig.”

Die foto het heelwat reaksie op White Shark Africa se Facebook-blad ontlok. Melinda Ert skryf: “Wow. Fantastiese foto.” Lynsey Addison skryf: “Dit is ongelooflik.”

White Shark Africa en Oceans Research doen navorsing oor, en beywer hulle vir die bewaring van haaie.

* Dit is onwettig om grootwithaaie te vang sonder ’n permit omdat dié haaie ’n beskermde spesie is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.