Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Haai sonder stert laat oë rek
Leon van Wyk met die skeurtandhaai sonder ’n stert wat hy by Keurboomstrand in Plettenbergbaai gevang het. Die haai is weer vrygelaat.

’n Ongewone vangs – ’n skeurtandhaai sonder ’n stert – het die oë laat rek toe ’n hengelaar dit by Keurboomstrand in Plettenbergbaai uitgetrek het.

Die hengelaar, Leon van Wyk van Stilbaai, sê in die 40 jaar wat hy hengel, het hy nog nooit so iets teëgekom nie.

Hy het die haai van 1,89 m lank en 127,67 kg die afgelope naweek tydens die Suid-Kaapse Interklub-hengelkompetisie gevang.

Die haaiwyfie se hele stert was af. “Hoe sy bly leef en geëet het, is ’n raaisel. Sy was vet en gesond en in ’n baie goeie toestand. Ek is blind en moes my storie ken, want gewoonlik tel ’n mens hulle aan die stert op. Sy het baie gehap,” sê hy.

Hy meen ’n ander haai het moontlik haar stert afgebyt. “Vir my is dit net so wonderlik dat sy oorleef het. Dis vreemd dat sy nie doodgebloei het of opgevreet is nie.”

Volgens Van Wyk het hy al haaie van oor die 200 kg uitgetrek.

Elza Thiart-Botes van www.mystilbaai.co.za het in ’n e-pos gesê volgens berekeninge sou die haai se stert minstens 1,2 m lank kon wees en tussen 60 kg en 70 kg weeg.

Daar was duidelike letsels waar die stert af is. Die haai se goeie toestand beteken dat hoewel sy nie meer haar stert kon gebruik nie, sy wel goed gevreet het.

Volgens Thiart-Botes het Van Wyk reeds verskeie kere Protea-kleure vir hengel ontvang. Van Wyk kon voel dat hy ’n haai aan die hoek het, maar dit was vir hom vreemd hoe die vis gereageer het. Hy het deur die jare die gedrag van die visse leer ken al kan hy hulle nie sien nie. Dit was ook moeilik om die vis uitgetrek te kry. Daar moes versigtig te werk gegaan word om die haai te meet voordat sy weer veilig in die see vrygelaat is.

Dit was die grootste vis wat dié dag in die kompetisie uitgetrek is.

Meer oor:  Plettenbergbaai  |  Haai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.