Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Handel in horings eers dán wettig, sê Creecy

Suid-Afrika kan die handel in renosterhoring nog wettig, maar dit hang af van hoe suksesvol renosterstropery hokgeslaan word, sê Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye.

Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye

Sy het Vrydag in haar departement se begrotingsrede in die parlement gesê ’n hoëprofielpaneel wat die jag van en handel in wilde diere bekyk het, het erken die wettige internasionale handel in renosterhoring kan ’n positiewe bydrae tot die bewaring van die diere lewer.

Die paneel se verslag oor beleid oor die jag van, handel in, aanhouding en bestuur van onder meer renosters, leeus en olifante in Suid-Afrika is onlangs bekend gestel.

Private renostereienaars het gekla hulle is nie gevra om insette te lewer nie en meen hul bydrae tot die bewaring van dié diere word misken.

“Dit is onwaar,” het Creecy Vrydag gesê.

Sy gaan in die komende week met die Vereniging vir Private Renostereienaars vergader om sy insette by die regering se aksieplan vir die bewaring van die diere in te werk. Die kabinet het dié plan in 2016 goedgekeur. Dit sluit ’n strategie vir die beskerming en biologiese navorsing van renosters in. In die plan word ook onderneem om te help toesien dat die renostergetalle in Afrika oor ’n vyfjaartydperk toeneem.

Sommige renostereienaars meen wettige en gereguleerde handel sal help dat die diere nie vrek gemaak word wanneer stropers hul horing in die hande wil kry nie. Die voorstel is in 2012 amptelik ingedien, maar die kabinet het dit verwerp.

Creecy het gesê enige aansoeke by die konvensie vir internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) om handel te dryf in renosterhoring sal grootliks daarvan afhang of Suid-Afrika kan bewys stropery is hokgeslaan en dat dié handel renosters elders nié in gevaar stel nie. Suid-Afrika sal ook ’n deeglike bestekopname moet doen om te bepaal of daar internasionaal ’n genoegsame vraag na renosterhoring is.

* Renosterstropery neem weer toe nadat dit verlede jaar afgeneem het weens Covid-19, berig Reuters. In 2020 is 394 renosters gestroop – 30% minder as in 2019 en die minste sedert 2011. “Sedert November het veral die Krugerwildtuin ernstige getalle renosterstroopvoorvalle beleef,” het dr. Jo Shaw van die Wêreldnatuurfonds gesê.

Meer oor:  Barbara Creecy  |  Renosters  |  Renosterstropery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.