Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Hartseer einde vir jong bultrugwalvis

Die storie van ’n jong walviskalf wat by Kanon naby Mosselbaai in die Suid-Kaap uitgespoel het, het hartseer geëindig.

Die bultrugwalvis het Sondag nog geleef toe hy op die rotse uitgespoel het, maar is later van kant gemaak weens sy toestand en jong ouderdom.

Die jong bultrugwalvis word Sondag met water en handdoeke klam gehou op die rotse by Kanon naby Vleesbaai aan die Mosselbaaise kusgebied. Foto: René Hodges

Die Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart), ’n organisasie in Mosselbaai wat hom beywer vir die redding en bewaring van seediere, is verwittig van die walvis wat by die Kanon- private natuurreservaat naby Vleesbaai uitgespoel het.

Ander belanghebbendes, sowel as die departement van omgewingsake, is in kennis gestel.

Die walvis het beserings opgedoen toe hy op die rotse uitgespoel het. Weens die ligging was dit moeilik om hom terug die see in te kry. Weldoeners en veldwagters van die Fransmanshoek-bewarea het die walvis met nat handdoeke gemaklik gehou. Uiteindelik is daar besluit om die walvis van kant te maak.

“Die walvis was sowat twee jaar oud,” sê René Hodges van Smart by navraag. “Hy het baie beserings gehad van die uitspoel op die rotse.”

Volgens die Facebook-blad van Oceans Research, ’n onafhanklike navorsingsinstituut in Mosselbaai, is sy span Maandag terug na Kanon om monsters, mates en foto’s te neem. Die karkas is deur die Mosselbaai-munisipaliteit verwyder.

In Junie is die karkas van ’n walvis ook by Boggomsbaai naby Mosselbaai verwyder nadat dit daar uitgespoel het.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Walvis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.