Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Hartseer einde vir siek walvis

Die verhaal van ’n jong boggelrugwalvis wat by Pienaarstrand naby Groot-Brakrivier in die Suid-Kaap uitgespoel het, het hartseer geëindig.

Die walvis was baie siek en moes van kant gemaak word, sê Tersia Marais van die Stranded Marine Animal Network Team (Smart), ’n organisasie wat hom beywer vir die redding en bewaring van mariene soogdiere en seeskilpaaie.

Marais is Dinsdagoggend net ná 07:00 van die walvis verwittig en is na die toneel. “Die walvis was toe nog in die branders so 50 m van die strand af. Hy was definitief besig om te strand,” sê sy.

Die jong boggelrugwalvis Dinsdag by Pienaarstrand naby Groot-Brakrivier. Die foto is met ’n hommeltuig geneem. Foto: Bernardino Marques

Volgens Marais was die jong walvis se toestand baie sleg.

“Dit was die eerste keer in my lewe dat ek ’n walvis se ribbekas sien uitsteek onder die vel. Die walvis was oortrek met see-luise wat ook ’n aanduiding is van ’n dier wat nie gesond is nie.”

Smart se veearts, dr. Frans de Graaff van Hartenbos, is geraadpleeg, maar volgens Marais het hy gesê die dier is te swak om gered te word en moet uit sy lyding verlos word.

Die boggelrugwalvis Dinsdag van naderby gesien by Pienaarstrand naby Groot-Brakrivier. Foto: Rene Hodges
’n Reënboog Dinsdag in die verte terwyl ’n jong boggelrugwalvis in die vlakwater op Pienaarstrand naby Groot-Brakrivier lê. Foto: Tersia Marais

Omdat die gety teen die reddingspan gewerk het, moes hulle vir laagwater wag en die dier is omstreeks 17:00 van kant gemaak.

Die proses is in samewerking met die departement van omgewingsake uitgevoer. Wetenskaplikes het Woensdag weefsel van die karkas verwyder vir toetse.

Die karkas sal deur die Mosselbaai-munisipaliteit verwyder word.

Mense wat enige gestrande mariene soogdiere of seeskilpaaie teëkom van Gourits (buite Mosselbaai) tot Wildernis in George, kan Smart by 072 227 4715 bel.

Die walvis is oortrek met see-luise (rooi dele op die rug). Foto: Tersia Marais
Meer oor:  Groot-Brakrivier  |  Reddingspoging  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.