Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Help om jong arend ’n naam te gee

Die Walter Sisulu Botaniese Tuin in Roodepoort hou ’n kompetisie om vir die jong witkruisarend wat onlangs uitgebroei het ’n naam te gee.

Dié arend, wat op 17 Junie uitgebroei het, groei vinnig en het selfs vlerkoefeninge begin doen.

Thalane en Makatsa saam met hul nuwe kuiken. Foto: Facebook

Die witkruisarende (Aquila verreauxii) lok talle besoekers, wat die arende se neste dikwels met teleskope inspekteer.

Gerald Draper, voorsitter van die Black Eagle Project Roodekrans, sê dit is te vroeg om vas te stel of die jong arend manlik of vroulik is.

“Ons verwag die kuiken sal die nes tussen 17 en 24 September verlaat,” sê Draper.

“As die kuiken vinniger trek, is dit waarskynlik manlik, as dit langer neem, is dit waarskynlik vroulik.”

Hy sê vroulike witkruisarende word groter as die manlike arende en is swaarder.

“Sodra die voël die nes verlaat, bly hy in die gebied. Die ouers, Thalane en Makatsa, leer hom om te jag en voer hom steeds. Hulle leer hom ook om te vlieg.

“Ná so drie maande, as die voël alles geleer het, begin die ouers aggressief raak. Hulle maak die klein swernoot se lewe hel!”

Die kuiken is dan reg om die nes heeltemal te verlaat en sy eie grondgebied te soek.

Die kuiken doen vlerkoefeninge. Foto: Facebook

“Dit sal waarskynlik in Desember gebeur, waarna die ouers vir ’n tyd lank rus. In Februarie maak hulle die nes reg en die siklus begin van voor.”

Witkruisarende lê gewoonlik ’n eier en vier dae later nog een. Die sterker kuiken maak die swakker een dood in ’n tipe “Kain en Abel”-stryd.

Thalane en Makatsa het verlede jaar hul eerste kuiken, Ayanda, gekry.

Die nuwe kuiken se naam sal uit die publiek se voorstelle gekies word en op 14 September aangekondig word.

Besoek die Facebook-blad Black Eagle Project Roodekrans om ’n voorstel te maak.

Meer oor:  Roodepoort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.