Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Ergste koue nou eers op pad
’n Spierwit landskap Saterdag by Hoogstedrift naby Uniondale. Foto: Twitter/SA Reënval

Diegene wat koulik is, sou die naweek maar swaar gekry het op die plaas Buffelsfontein naby Molteno in die Oos-Kaap waar die temperatuur tot -17,5 °C gedaal het.

Sneeu het ook die naweek oor die Swartberge in die Wes-Kaap en die Winterberge in die Oos-Kaap geval.

Besoekers van George, Knysna en Port Elizabeth het Uniondale Saterdag besoek om na die sneeu te kyk.

Die ware kouefront is egter nou eers op pad, en die Kaapstad-kantoor van die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat dit die Wes-Kaap en die weste van die Noord-Kaap Dinsdag sal bereik. Dit sal gepaard gaan met sneeu in die Karoo en op die berge in die weste en suide van die Wes-Kaap.

Die sneeu Saterdagoggend by Hoogstedrift naby Uniondale. Foto: Twitter/SA Reënval

Maandag word wind van 50 km/h tot 65 km/h oor die binneland van die Wes- en Noord-Kaap verwag. Dit sal Maandagnag bedaar, maar Dinsdag word ’n wind van tussen 70 km/h en 80 km/h verwag wat met tye selfs teen 100 km/h sal waai.

Aan die Wes-Kaapse kus sal die wind Dinsdagmiddag tussen 65 km/h en 75 km/h waai. Dié wind sal Dinsdagnag na die suidelike kusgebiede versprei.

Ligte reën kan Maandagmiddag aan die suidweskus van die Wes-Kaap verwag word, maar Dinsdagoggend word swaar reën verwag.

Die reën sal Dinsdag en Woensdagoggend na die ooste en suide van die provinsie versprei.

Seedeinings van sowat 6 m word verwag nadat die kouefront Dinsdag inbeweeg het.

Die weerkantoor waarsku dat swaar reën Dinsdagmiddag tot oorstromings in die Kaapse Wynlande en die Overberg kan lei.

Meer oor:  Koue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.