Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Hommeltuie ingespan teen indringerplante

Boere in die Kammanassie-gebied in die Klein-Karoo gebruik deesdae hommeltuie om indringerplante uit te roei.

Veral wattel- en dennebome het oor die afgelope vier dekades die noordelike en suidelike hange asook die bergtoppe van die Outeniekwaberge oorgeneem, sê Cobus Meiring van die Inisiatief vir Grondeienaars in die Suid-Kaap (SCLI).

Volgens hom het die watervlak van bergopvangsgebiede, strome, vleilande, fonteine en ondergrondse waterbronne beduidend afgeneem as ’n regstreekse gevolg van hierdie indringerbome wat geweldig baie water opneem.

Morné Jonker met sy hommeltuig. Foto: Cobus Meiring, SCLI

Nie net boere word hierdeur geraak nie, lui ’n verklaring van die SCLI.

Stroomaf ondervind watergebruikers in die Kammanassie- en Olifantsrivierstelsel dieselfde probleem. Die rivierstelsels wat dorpe soos Oudtshoorn en Calitzdorp voed, het ook opgedroog of gesak.

Die veldbrande in 2018 het 100 000 ha plantegroei verwoes, maar vir grondeienaars die kans gegee om beduidende vordering in die uitwissing van die indringerplante te maak.

Die beste manier om dit egter uit te roei is om te keer dat dit na só ’n brand weer groei, sê Morné Jonker, ’n boer van Kammanassie wat op die plaas Ezeljacht boer.

“Hoewel van die indringerbome vernietig is, het die veldbrande nuwe groei gestimuleer en daar kom nou letterlik honderde saailinge per vierkante meter in die vrugbare grond op.”

’n Hommeltuig wat onkruiddoder spuit. Foto: Cobus Meiring, SCLI

Hy sê wattel- en dennebome groei op byna 500 ha in die omgewing. Hy skat dat meer as 90% van die gebied deur wattelbome binnegedring is.

“Die beste kans om te keer dat dié bome volwasse word, is deur van hommeltuie gebruik te maak om die indringerplante met ’n geskikte onkruiddoder te bespuit.”

Volgens hom is dit baie akkuraat, bekostigbaar en effektief om die indringerplante op groot skaal uit te roei.

Meer oor:  Klein-Karoo  |  Hommeltuie  |  Indringerplante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.