Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Horingveiling ‘baan die weg’
John Hume Foto: Deon Raath

Die eerste wettige aanlyn veiling van renosterhoring in Suid-Afrika het minder as die verwagte bieërs en verkope opgelewer, maar die weg gebaan vir toekomstige verkope, sê Izak du Toit, prokureur van die grootste renosterteler ter wêreld, John Hume.

Die veiling die afgelope week is voorafgegaan deur ’n regstryd waarin Edna Molewa, minister van omgewingsake, probeer het om die veiling te stuit omdat dit in stryd is met ’n internasionale verbod op die verkoop van renosterhoring.

Ingevolge die hofbeslissing is plaaslike handel nou weer wettig, maar horings mag nie uitgevoer word nie. Vir die afgelope veiling het die departement van omgewingsake vir Hume ’n permit uitgereik.

Dr. Lorinda Hern van die Rhino Rescue Project het gesê die veiling het ’n gevaarlike presedent geskep, “want nou kan enigeen wat horing kan bekom, dit verkoop”.

Sy meen ’n rede vir die kleiner as verwagte opkoms is die terugbetaalbare deposito van R100 000 wat geregistreerde

bieërs moes betaal.

“Aanduidings is dat mense belangstel in vars horing. In die Ooste glo mense die krag van die vars horing is meer as in 15 jaar plus oue horing. As mense daardie hoeveelheid geld uithaal, wil hulle vars horing hê,” sê sy.

Hume, wat steeds baie renosterhoring besit, sê ten einde sy renosters lewend te hou sal hy moet aanhou om horing te verkoop.

Pelham Jones, voorsitter van die private renostereienaarsvereniging, sê hulle is opgewonde oor die eerste veiling.

Hy sê die moratorium (wat in Februarie 2009 deur die regering ingestel is, maar in November 2015 deur die hooggeregshof in Pretoria tersyde gestel is) het nie ’n enkele renoster se lewe gered nie.

Lees ook die onderhoud met Jones in Weekliks.

Meer oor:  John Hume  |  Renosterhorings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.