Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Hou valk-oog op wild, vra polisie ná 11de stroping

Die Oos-Kaapse polisie het ’n beroep op reservaat-eienaars gedoen om hul wild, asook die mees afgeleë dele van hul reservaat gereeld onder oë te hou, nadat nóg ’n renoster in die provinsie gestroop is.

Die karkas van ’n driejarige swartrenosterbul is Donderdag in die Great Fish-natuurreservaat, sowat 80 km van Grahamstad, aangetref.

Kol. Sibongile Soci, die provinsiale polisiewoordvoerder, sê die stropingsvoorval is Donderdagmiddag aangemeld. Die voorlopige ondersoek dui egter daarop dat die renosterkarkas sowat drie dae oud is.

Die renoster is geskiet en albei sy horings is afgekap, sê Soci.

’n Foto van ’nrenoster wat vroeër vanjaar in die Oos-Kaap op ’n wildreservaat naby die Groot Visrivier geskiet en onthoring is. Foto: ARGIEF

Dit is die derde renoster wat vandeesmaand in die Oos-Kaap deur stropers vir hul horings doodgemaak is.

’n Witrenosterkoei en -kalf se karkasse is op 7 Julie in die Shamwari-wildreservaat deur veldwagters aangetref.

Dié wildreservaat is ongeveer 150 km van die Great Fish-reservaat geleë.

Beide die koei en kalf is met swaarkalibervuurwapens geskiet en hul horings is verwyder. Hul karkasse is in ’n afgeleë gebied in die reservaat naby Alicedale aangetref.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, die Oos-Kaapse polisiekommissaris, het Vrydag ’n beroep op alle eienaars van reservate gedoen om hul wild te monitor.

“Selfs die mees afgeleë en verlate dele van die reservaat moet gereeld besoek word.”

Sy sê die polisie het Donderdag die toneel in die Great Fish-reservaat besoek en volg tans leidrade op om die stropers op te spoor.

  • Altesaam 11 renosters is tot dusver vanjaar in die Oos-Kaap doodgemaak en onthoring, terwyl twee renosters deur stropers gewond is.

In 2017 is 12 renosters in die provinsie vir hul horings doodgemaak.

Meer oor:  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.