Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Huise oorstroom in Philippolis
Juliette Whelpton (middel), eienaar van die Karoo Artist’s Cafe´, en Melissa Vilonel (links) en Nomapasi en Thabiso Thieane (regs) vee die water uit die kuierplek. Foto: Verskaf

In ’n vinnige en harde reënbui, die tweede in etlike dae, wat Dinsdag oor Philippolis en die omgewing uitgesak het, moes ’n gastehuiseienaar en inwoners spook om die water uit hul huise en geboue te kry.

Dit was nadat ’n wolkbreuk ook verlede week tussen Philippolis en Trompsburg voorgekom het.

Juliette Whelpton, eienaar van Karoo Artist’s Cafe´, sê die water in dié restaurant, teater en werkwinkel was kniehoogte nadat die harde reën om 15:20 begin val het.

Binne ’n uur is 50 mm gemeet.

Haar gastehuis is vermoedelik oorstroom omdat die ingang gelyk met die pad is.

“Maar met die hulp van verskeie Samaritane van Philippolis het ons die stryd gewen.”

Van links help Thabiso Thieane, en sy seun Thato en vrou, Nomapasi, om die water uit te vee. Foto: Verskaf

Sy sê danksy die gemeenskap se fantastiese hulp waarmee hulle haar “kom toesseën” het, is alles weer in orde.

“Oud en jonk, wit, bruin en swart staan saam in tye van nood. En dit is juis vir dié buurmanskap waarvoor Philippolis al eeue lank bekend is, soos byvoorbeeld deur Emily Hobhouse beskryf is.”

Terwyl donker wolke Woensdag wéér bo die dorp saamgepak het, was die inwoners besig om slote te grawe om vir die ergste voor te berei.

Whelpton sê sy weet van geen ander onderneming in dié dorp wat skade gely het nie, wel van inwoners wie se huise waterskade gehad het.

Annelie Blom, ’n inwoner, sê in die kwaai reënbui het heelwat water ook by haar huis ingestroom.

Hoewel haar matte nat geword het, was daar nie beduidende skade aan haar eiendom nie.

Volgens Whelpton is swaar neerslae normaal vir dié dorp.

“Twee jaar gelede was daar ’n vreeslike haelbui wat vensters uitgeslaan het.”

Sy sê in Philippolis kan jy alle uiterstes ervaar – minimum temperature van tot -13 °C en maksimum temperature van 43 °C.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens se kantoor in Bloemfontein is die kanse vir reën in die Philippolis-distrik tot en met Vrydag goed.

Ruan Vilonel, ’n inwoner, help om die water uit die Karoo Artist’s Café op Philippolis te kry nadat 50 mm reën binne ’n uur geval het. Foto: Verskaf
Terry Terblanche en Fini Slabbert vee water uit die restaurant. Foto: Verskaf

Meer oor:  Philippolis  |  Oorstromings  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.