Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Hulde vir Kinkel stroom in

Besoekers aan die Johannesburgse Dieretuin was verlede week platgeslaan toe hulle hoor Kinkel, die 35-jarige olifant, het skielik gevrek.

Die dieretuin sê hy is verlede Dinsdagoggend weens die opeenhoping van gasse in sy spysverteringskanaal dood.

Kinkel, die geliefde olifant wat skielik in die dieretuin gevrek het. Foto: Facebook

Meer as 100 mense het kommentaar gelewer op die dieretuin se Facebook-inskrywing oor dié nuus.

“Wees vry, Kinkel,” skryf Shelly Dixon.

Hoewel die dieretuin op Facebook vertel dat Kinkel hier aangekom het nadat hy ’n stroping oorleef het, het talle mense geskryf dis wreed om olifante in dieretuine aan te hou.

Hierop reageer Christelle Pauw-Truter: “Hy het as ’n ambassadeur gedien wat kinders en volwassenes oor die realiteite van olifantstropery geleer het.

“Hy het vir mense wat nie gelukkig genoeg is om olifante in die wildtuin te sien nie, ’n kans gegee om hul grootsheid van naby te sien.

“Die verhouding tussen ’n bewaarder en die diere is so kompleks. Hulle klok nie af nie. Hulle sorg deurnag vir die siek diere en hulle weet in watter bui die diere is deur hulle bloot in die oë te kyk.”

Alice Masombuko, wat sedert 2001 sy bewaarder was, was glo verpletter toe Kinkel vrek.

Masombuko het die vorige nag heel nag na hom omgesien.

Kinkel se lewensmaat, Lammie (39), het hom kort-kort gestamp in die hoop dat hy sal reageer en heen en weer in die kamp geloop.

“Olifante treur baie swaar en sy gaan baie na Kinkel verlang,” lui ’n mediaverklaring van die dieretuin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.