Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Ietermagog in jaagtog uit motor gegooi

’n Ietermagog is midde in ’n jaagtog met die polisie buite Hoedspruit in Limpopo uit ’n bewegende motor gegooi.

Die ietermagog was in ’n verseëlde houer en het nie enige sigbare beserings opgedoen nie.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê een van die drie vermeende smokkelaars is in die jaagtog in hegtenis geneem.

Die ietermagog wat Maandag buite Hoedspruit uit ’n motor gegooi is. Foto: SAPD

Die polisie het Maandag inligting van die publiek ontvang dat daar by die Tonnel Plaza-winkelsentrum naby The Oaks buite Hoedspruit met ietermagogs handel gedryf word.

Ngoepe sê die polisie het ’n wit Volkswagen Polo met drie verdagtes daarin gesien en die motor probeer voorkeer. “Hulle het weggejaag en die polisie het hulle agternagesit.”

Dit is in die jaagtog dat die houer met die ietermagog by die venster van die motor uitgegooi is.

Die polisie het die dier na ’n plek van veilige bewaring geneem.

Die verdagtes se motor is later verlate in die bosse by die Ga-Mametja-nedersetting buite Hoedspruit gekry.

Ngoepe sê die polisie het hul soektog voortgesit en ’n 36-jarige man is in hegtenis geneem. Sy twee makkers word steeds gesoek.

Die Ietermagog is Maandag buite Hoedspruit deur vermeende smokkelaars uit 'n motor gegooi. Foto: SAPD

Die man sal eersdaags in die landdroshof in Hoedspruit verskyn weens die besit van ’n hoogs bedreigde spesie.

Die smokkel van ietermagogs het in Limpopo die afgelope twee jaar skerp gestyg.

Die diere is op die rooilys van bedreigde spesies en is wêreldwyd tot op die rand van uitwissing gestroop. Ietermagogs se vleis en skubbe word vir tradisionele medisyne in Oosterse lande gebruik.

Enigiemand met inligting oor die smokkel met ietermagogs kan kol. Alpheus Mokale by 082 565 6524 bel.

Meer oor:  Hoedspruit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.