Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Indringerkewer nou ook in Somerset-Wes

’n Indringerkewer wat ’n dodelike swam veroorsaak wat reeds bome in groot dele van die land vernietig het, het nou ook na Somerset-Wes versprei.

Die polyphagous-kewer, ook bekend as PSHB-kewers, boor in bome in en laat ’n fungus agter wat die bome só besmet dat dit uitgehaal moet word.

’n Gomagtige afskeiding is een van die tekens dat ’n boom besmet is.Foto: Verskaf

Die Kaapstadse metroraad sê in ’n verklaring die PSHB-besmetting is in Oldenlandstraat in Somerset-Wes opgespoor toe ’n plaaslike tuinwerker opgelet het ’n boom is besig om agteruit te gaan en wys tekens dat dit besmet is.

Monsters is van bome in die straat geneem en nadat omvangryke DNS-toetse gedoen is, is daar verlede week bevestig dit is die PSHB-besmetting en dat enkele bome in die straat besmet is.

Volgens die metroraad is dit uiters belangrik dat die kewers nie versprei wanneer besmette bome uitgehaal word nie. Die bome sal met spesiale maatreëls wat in plek is op die plek opgekap word en versigtig na ’n ander perseel geneem word waar dit eenkant uitgebrand sal word.

Wat jy moet weet:

Die polyphagous-kewer is so groot soos ’n sesamsaad, oftewel 2 mm lank, en is afkomstig van Suidoos-Asië.

Die kewers is in 2017 vir die eerste keer in Suid-Afrika opgemerk in die KwaZulu-Natal- Botaniese Tuin in Pietermaritzburg.

Die kewers hou ’n groot bedreiging in vir inheemse en uitheemse bome in Suid-Afrika.

Aan die begin kan enkele takke besmet word, maar uiteindelik vrek die hele boom.

Die verpesting versprei wanneer bome wat besmet en besig is om te vrek of reeds gevrek het, geskuif word as dit byvoorbeeld vir brandhout bymekaargemaak word.

Vroulike kewers is die draers van drie spesies fungus. Uitgegroeide vroulike kewers boor in bome in om eiers daar te lê. Die fungus groei dan in die bome en dien as kos vir die kewers se larwes.

Aan die begin kan enkele takke besmet word, maar uiteindelik vrek die hele boom.

Wat om te doen:

Die besmette hout moet verbrand word.

Wanneer ’n boom afgekap is, moet al die afval so gou as moontlik skoongemaak en die omgewing ontsmet word.

Die afval kan in plastieksakke gesit, geseël en in direkte sonlig geplaas word, omdat die hitte help om die kewers en larwes te vernietig.

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Kaapstad  |  Bome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.