Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Indringerplante uit Tuinroetedam verwyder
Die indringerplante in die Tuinroetedam voordat dit met onkruiddoder behandel is. Foto: Verskaf

Werk het begin om ’n plaat indringerplante te verwyder wat tydens die inperkingstyd in die Tuinroetedam in George begin groei het.

Inwoners het vroeër hul kommer oor die plant in die dam uitgespreek en gevra wat dit is. Dit het toe by navraag aan die George-munisipaliteit geblyk dat dit nie water-hiasinte is nie, maar Salvinai molesta, ook bekend as die Kariba-onkruid of watervaring.

Volgens Walter Hendricks, direkteur van gemeenskapsdienste by die George-munisipaliteit, het die departement van parke en rekreasie die eerste week van Junie begin om die Kariba-onkruid met ’n omgewingsvriendelike onkruiddoder te besproei.

’n Spesialis-kontrakteur is aangewys om die onkruid so vinnig moontlik te beheer, luidens ’n verklaring. Dit neem ses tot sewe dae vir die plante om op die onkruiddoder te reageer. Die onkruiddoder het geen impak op ander lewensvorme nie. Die onkruiddoder veroorsaak dat die plant geel word as dit vrek. Dit sink dan na die bodem, waar dit disintegreer.

Opvolgbehandelings word gedoen waar nodig blyk te wees. Ná ses weke sal ’n insek, wat slegs onkruid vreet, daar losgelaat word om die plant verder uit te roei en te beheer.

Kontrakwerkers besig om die onkruid in die Tuinroetedam te besproei. Foto: Verskaf
Meer oor:  Tuinroete  |  Indringerplante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.