Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Inisiatiewe beoog om SA se brilpikkewyne te red
Brilpikkewyne in Suid-Afrika is op die drumpel van uitwissing.Foto: Verskaf

Die nasionale departement van omgewingsake, bosbou en visserye is bekommerd oor die dalende bevolkingstalle van die brilpikkewyne (Spheniscus demersus) in Suid-Afrika en die feit dat dié spesie op die drumpel van uitwissing is.

Die departement sê navorsingsbevindings oor die spesie wys op ’n wrede werklikheid wat nie geïgnoreer kan word nie.

Een plan van die departement om in te gryp is ’n konsep-biodiversiteitsbestuursplan vir die brilpikkewyne (African penguins) wat Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, pas vir kommentaar beskikbaar gestel het. Dit is reeds op 18 Oktober 2019 in die Staatskoerant gepubliseer.

Deur die biodiversiteitsbestuursplan (BBP) wil hulle die agteruitgang van die spesie, wat endemies in Suid-Afrika en Namibië is, bekamp.

Die tweede brilpikkewyn-BBP sal voortgaan om die verskillende bewaringsinisiatiewe van Suid-Afrikaanse agentskappe te koördineer en in werking te stel.

Die bygewerkte BBP stel nuwe aksies voor om die spesie te bewaar en om die agteruitgang van die brilpikkewyne in Suid-Afrika binne vyf jaar om te keer.

Die brilpikkewyn word sedert 2010 geklassifiseer as ’n bedreigde spesies.

Een van die voorstelle is om die bevolking van hierdie pikkewyne te verhoog tot waar die voëls deur die Wêreldbewaringsunie (IUCN) gelys word, en om die voortbestaan van die brilpikkewyne in ’n gesonde omgewing te verseker in die lig van die toerisme-inkomste wat dit genereer en die werkgeleenthede wat met die spesie verband hou.

Die brilpikkewyn word sedert 2010 geklassifiseer as ’n bedreigde spesies. Die getalle het die afgelope 30 jaar met meer as 60% gedaal, en in sy drie jongste generasies met meer as 50%.

Die Suid-Afrikaanse bevolking van brilpikkewyne kom voor in drie gebiede langs die Wes-Kaapse kus.

Die departement erken dat die aksieplan wat met die BBP van 2013 verband hou, nie geslaag het nie. Daarom moes die plan vir van middel 2019 tot 2024 hersien en uitgebrei word.

Van die voorstelle sluit in dat kritieke seehabitatte geïdentifiseer word, spesiale bestuursgebiede verklaar word, vermindering van vissery-aktiwiteite wat die spesie beïnvloed, die voorkoming van oliestortings naby kolonies en die opstel van ’n verslag oor risikobeoordeling vir die vrystelling van pikkewyne in gevangenskap.

Belanghebbendes kan tot 17 November skriftelik kommentaar lewer of besware teen die konsepplan by die adjunkdirekteur-generaal van die departement indien. Dit kan ook per e-pos aan marinespecies@environment.gov.za gestuur word.

Meer oor:  Bedreigde Spesies  |  Pikkewyne  |  Natuurbewaring  |  Redding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.