Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Jhb-metro karteer besmette bome

Die Johannesburg-metro se parke- en dieretuinafdeling (JCPZ) het begin om die omvang van die bome wat met die indringerboorkewer besmet is, te dokumenteer en te karteer.

“Meer as 1 000 bome is gekarteer en die bome se gesondheidstatus is bepaal,” lui ’n inskrywing wat verlede week op die Facebook-blad JoburgParks gemaak is.

“Die meeste van die besmette bome is een van die esdoringsoorte, die essenblaarahornboom (Acer negundo), en die plataanbome (Platanus x acerifolia).”

Die kartering is reeds gedoen in Buckingham- en Sutherlandlaan in Craighall Park, asook in Jan Smuts-, Richmond- en Rutlandlaan en Kentweg in Dunkeld-Wes.

Die bome in Hurlingham gaan volgende gekarteer word.

Meer oor:  Johannesburg-Metro  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.