Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Jong SA omgewingsaktivis genooi na Davos

’n Jong omgewingsaktivis van Khayelitsha is genooi om ’n wêreldverhoog met onder andere die bekende aktivis Greta Thunberg by die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, te deel.

’n Jong omgewingsaktivis van Khayelitsha, Ayakha Melithafa (17), ’n matrikulant van die Sentrum vir Wetenskap en Tegnologie, is genooi om Suid-Afrika by die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, te verteenwoordig.

Ayakha Melithafa (17), ’n matrikulant van die Sentrum vir Wetenskap en Tegnologie, is die eerste jong Suid-Afrikaner tot dusver wat na so ’n geleentheid genooi is, sê haar trotse mentor, Natalie Geyser.

Wêreldleiers in klimaatsverandering, politici en ander belanghebbendes gaan van 19 tot 24 Januarie koppe bymekaar sit om kwessies rondom die klimaatskrisis te bespreek.

Ayakha kort egter nog sowat R25 000 om dié geleentheid by te woon. ’n Webtuiste vir geldinsameling is by backabuddy.co.za begin.

Ayakha werk as werwingsbeampte en woordvoerder van die African Climate Alliance, ’n groep met jong mense aan die stuur en wat die betogings oor klimaatsverandering einde verlede jaar in Kaapstad in samewerking met meer as ’n miljoen jong mense oor die wêreld heen georganiseer het.

Sy het ook ’n kursus van die YouLead-inisiatief gedoen wat op die bewusmaking van die omgewing fokus.

Ek wil ’n stem wees vir mense wat nie ’n stem het nie, vir mense van kleur wat in hutte woon en elke dag met die gevolge van klimaatsverandering gekonfronteer word.
Ayakha Melithafa

“Ek wil ’n stem wees vir mense wat nie ’n stem het nie, vir mense van kleur wat in hutte woon en elke dag met die gevolge van klimaatsverandering gekonfronteer word. Omdat klimaatsverandering nie aan die kom is nie – dit is reeds hier en dit beïnvloed ons nou – is daar geen grense vir hierdie klimaatkrisis nie, en dus moet ons ook geen grense hê nie.

“Ek besef hoe belangrik opvoeding rondom die klimaat is; dat ons by ons regering kan kla en vra waarom daar geen maatreëls getref word om klimaatsverandering te beveg nie en om te verseker dat minderbevoorregte mense nie die ergste hierdeur geraak word nie.”

Geyser sê Ayakha verstaan klimaatsverandering op ’n baie intense vlak en is nie bang om haar sê te sê nie.

Ayakha gaan op twee panele dien – een waar die jeug ’n paneelbespreking gaan doen oor oplossings vir die uitdagings, en ’n ander waar sy ’n verhoog met die omgewingsaktivis Greta Thunberg deel. Daar sal hulle en ses ander omgewingsaktiviste ’n beroep vir klimaat-geregtigheid doen.

“Sy aanvaar die verantwoordelikheid dat die jeug die enigste mense is wat ’n verskil kan maak. Sy neem dit ter harte.”

Meer oor:  Greta Thunberg  |  Davos  |  Omgewingsbewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.