Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kaapse bobbejaan na Limpopo verskuif

Die Kaapse bobbejaanmannetjie Kataza gaan na ’n wildrehabilitasiesentrum in Limpopo verskuif word.

Dit is Sondag deur die Kaap van Goeie Hoop-Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Kaapstad bevestig.

Die DBV het verlede Dinsdag ’n aansoek by CapeNature ingedien vir ’n permit om Kataza, ook bekend as SK11, te vang en na die primatoloog Bob Venter se Riverside-rehabilitasiesentrum in Limpopo te verskuif.

Kataza die bobbejaanmannetjie. Foto: Kaap van Goeie Hoop-DBV

Kataza is in Augustus verlede jaar van sy trop in Kommetjie na Tokai verskuif, maar nadat hy nie suksesvol daar met ’n nuwe trop kon inskakel nie, is hy in November na Kommetjie teruggeneem. Ook hier het hy nie by die trop ingeskakel nie, maar sy tyd meestal in woongebiede deurgebring.

Die DBV se aansoek het gevolg op ’n dringende vergadering op 5 Januarie tussen die DBV en die Kaapse metroraad oor Kataza se welstand en strooptogte.

Die Kaapse metro het nie die aansoek teengestaan nie.

Oor bewerings van die publiek, onder meer dat Kataza in ’n private natuurreservaat vrygelaat sal word waar gejag word, of nooit weer in die natuur vrygelaat sal word nie, sê Belinda Abrahams, ’n woordvoerder van die NDBV, die bewerings is onsin.

Die wildrehabilitasiesentrum is ’n goedgekeurde NDBV-gerief en dié organisasie is bowendien gekant teen die jag van wilde diere in aanhouding.

Volgens die sentrum se webtuiste word daar gespesialiseer in die wetenskaplike rehabilitasie en herbekendstelling van Suid-Afrika se vyf spesies primate, die Kaapse bobbejaan – Papio ursinus; blouapie – Cercopithecus aethiops; die mindere nagapie – Galago moholi en die dikstert-nagapie – Otolemur crassicaudatus), sowel as ander wilde diere, aan hul natuurlike, inheemse habitat.

Dit is nog nie bekend presies wanneer Kataza verskuif sal word nie.

Meer oor:  Kataza  |  Bobbejaanmannetjie  |  Kaapstad  |  Limpopo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.