Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kaapse skool sal binnekort met sonkrag werk

Protea Heights-Akademie in Protea Hoogte, Kaapstad, sal die eerste skool wees wat met sonkrag werk wat deur die Sun Exchange-organisasie se Wes-Kaapse projek gefinansier is.

Die dak van Protea Heights-Akademie. Foto: Verskaf

Die organisasie mik om verskeie skole in die Wes-Kaap van toerusting te voorsien om hul eie sonkrag op te wek, sonder enige installasiekoste of maandelikse gebruikskoste vir die skool.

“Met die onmiddellike besparing op hul kragrekeninge van die eerste dag wat die projek in werking is, kan skole hul hulpbronne gebruik vir dit wat hulle die beste doen – onderrig,” sê die organisasie in ’n gesamentlike verklaring met die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD).

“Dit help skole om geld op kort termyn te bespaar en bied aan hulle ook ’n mate van immuniteit teen toekomstige tariefverhogings van Eskom.”

Die Protea Heights-Akademie spesialiseer in wiskunde, wetenskap en tegnologie.

“Ons skool is ’n plek waar leerlinge bemagtig word om wêreldwyd te kompeteer en wêreldwye probleme op te los,” sê Wendy Horn, hoof van Protea Heights-Akademie.

“Met ons fokus op tegnologie en innovasie, is dit ’n natuurlike vordering om die skool te laat oorskakel van fossielbrandstowwe.

“Die projek ondersteun die skool se doelwit om globale burgers te ontwikkel wat die doelwitte van die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkeling verstaan,” sê Horn.

Die skool sal die agtste een in Suid-Afrika wees wat met sonkrag werk en deel is van dié projek.

Jessica Shelver, woordvoerder vir die WKOD, kon nie betyds bevestig wanneer die projek by Protea Heights-Akademie sal begin nie.

Meer oor:  Jessica Shelver  |  Skool  |  Sonkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.