Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kaapstad: Damvlakke onder 80%, steeds hoër as in 2018
Die Voëlvleidam se vlak het die afgelope week op sowat 87% gestaan. Dié foto van die dam, tussen Gouda en Wellington, is Maandagoggend geneem.Foto: Samuel Walters

Kaapstad se gemiddelde damvlak het die afgelope week tot onder 80% gedaal, maar dit is steeds hoër as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Teen Maandag het die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel van 80,2% tot 79,2% afgeneem, teenoor 75,2% ’n jaar gelede. Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak het ook verder van 65% tot 64,1% gedaal, terwyl dit ’n jaar gelede op 65,7% gestaan het.

Intussen word reën Donderdag oor die Suidwes-Kaap en teen Vrydag oor die grootste deel van die provinsie verwag.

Die Kaapse metroraad het Maandagmiddag gesê die stad se gesamentlike watergebruik het die mikpunt van 650 miljoen liter (megaliter) per dag oorskry. Die gemiddelde daaglikse gebruik die afgelope week het gestyg van 644 megaliter tot 657 megaliter – die hoogste vlak in meer as ’n jaar. Onder vlak 1-waterbeperkings is die mikpunt vir gebruik onder 650 megaliter per dag.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het van 70,1% tot 69,2% gedaal. ’n Jaar gelede was dit op 58,1%.

Die vlak van die Benede-Steenbrasdam het van 94,5% tot 92,5% afgeneem en die vlak van die Voëlvleidam van 87,9% tot 87%.

Die Bergrivierdam se vlak het van 98,6% tot 97,7% gedaal en die Wemmershoekdam s’n net effens van 91,6% tot 91,4%.

Die Voëlvlei-, Bergrivier- en Wemmershoekdam se vlakke is almal laer as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 95% tot 93,3% afgeneem, teenoor 98,7% ’n jaar gelede.

In die Karoo bly die damvlakke uiters laag, maar is die meeste damme voller as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Die Gamkadam naby Beaufort-Wes se vlak het van 31,5% tot 30,8% gedaal en 6,4 mm reën is in die voorafgaande sewe dae hier gemeet. Die Gamkapoortdam naby Prins Albert se vlak het van 5,4% tot 5% afgeneem. Albei dié damme was ’n jaar gelede dolleeg.

Die Floriskraaldam naby Laingsburg het van 14% tot 13,6% gedaal en die Calitzdorpdam het op 15,4% gebly.

Die Leeu-Gamkadam staan op slegs 0,08% en die Oukloofdam naby Prins Albert op 3,2%.

Die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, se vlak het die afgelope week 70,1% van 69,2% tot gedaal. Dit was presies ’n jaar gelede op 58,1%. Foto: Jaco Marais

In die omgewing van Oudtshoorn het die Kammanassiedam se vlak van 1,9% tot 1,8% gedaal en die Stompdriftdam s’n van 7,1% tot 6,9%.

In die Suid-Kaap het damvlakke skerper gedaal. Reënval van tot 6 mm is oor die voorafgaande sewe dae gemeet.

Die Duivenhoksdam naby Heidelberg se vlak het van 57,1% tot 53,3% afgeneem en die Korentepoortdam naby Riversdal se vlak van 50,4% tot 48,8%.

By die Tuineroetedam in George is 4,6 mm reën gemeet en het die vlak van 63,3% tot 62,3% gedaal.

By die Roodefonteindam naby Plettenbergbaai is 6,6 mm reën gemeet en het die vlak van 80,5% tot 79,9% afgeneem.

Die Ernest Robertsondam naby George se vlak het van 90,2% tot 86,1% gedaal en 4,2 mm reën is gemeet.

Die Wolwedansdam naby Mosselbaai se vlak het van 52,8% tot 51,8% afgeneem en 3,4 mm reën is gemeet.

Sowel die Ernest Robertson- as die Roodefonteindam was ’n jaar gelede meer as 100% vol.

Donderdag word ’n 30%-kans op reën in Kaapstad, die Paarl, Malmesbury, Langebaan, Hermanus, Grabouw en Kaap Agulhas verwag, met ’n noordwestewind van 30 km/h tot 40 km/h.

Vrydag word tot ’n 80%-kans op reënbuie vir Kaapstad voorspel en ’n 60%-kans op buie in die Paarl, Worcester, Ceres, Malmesbury, Langebaan, Redelinghuys, Clanwilliam, Hermanus, Grabouw en Kaap Agulhas.

In George, Mosselbaai, Riversdal, Vredendal, Oudtshoorn en Plettenbergbaai is daar ook ’n 30%-kans op buie.

* Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Maandag teen 08:00 14 mm reën in Plettenbergbaai vir die voorafgaande 24 uur gemeet, asook 12 mm in die Marloth-natuurreservaat by Swellendam en 11 mm in Kleingrysbos, Knysna.

Verder is 7 mm in Witfontein, George, en op die Robinsonpas aan Mosselbaai se kant gemeet, 6 mm in Knysna, 3 mm in George, Mosselbaai, Riversdal en Stilbaai en 1 mm in Jonkershoek, Villiersdorp en Ashton.

damvlakke
Grafika: Damvlakke

Meer oor:  Droogte  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.