Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kampvegter vir seediere verloor stem ná beroerte

’n Mosselbaaise vrou wat as “die stem vir stemlose seediere” beskryf word, het haar eie stem verloor ná ’n beroerte op 2 Julie.

Tersia Marais, uitvoerende hoof van die seedierbewaringsorganisasie Smart, sterk in Kaapstad aan ná ’n beroerte.Foto: Facebook

Tersia Marais (57), uitvoerende hoof van Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart), ’n organisasie in Mosselbaai in die Suid-Kaap wat hom vir die redding en bewaring van seediere beywer, sterk by ’n familielid in Kaapstad aan nadat sy Maandag uit die Groote Schuur-hospitaal ontslaan is.

Marais, dr. Frans de Graaff, ’n veearts van Hartenbos, en Anton Dellemijn, tans ’n raadslid van die Mosselbaai-munisipaliteit, het Smart in 2015 op die been gebring.

Die organisasie hanteer strandings van seediere soos walvisse en dolfyne aan die Mosselbaaise kus en is ook by ander bewaringsprojekte betrokke.

Denise Lloyd, ’n jare lange vriendin, sê hoewel Marais helder van verstand is, is haar spraak aangetas en sukkel sy om te skryf. Sy sê stres het vermoedelik die beroerte veroorsaak.

Marais het haar eie geld gebruik om Smart aan die gang te kry en het as vryskut-fotograaf en -joernalis ’n inkomste verdien.

Wense vir Marais se beterskap het op Smart se Facebook-blad ingestroom, onder andere van Monique Best, wat in Maart vanjaar as Mej. Planeet 2019 in Kambodja gekroon is, en Demi-Leigh Nel-Peters, voormalige Mej. Heelal, ’n oudleerling van die Hoërskool Outeniqua in George.

Lloyd het ook ’n geldinsamelingsveldtog vir Marais op die webwerf www.backabuddy.co.za begin.

Vir meer inligting besoek dié webtuiste

Meer oor:  Sterfgeval  |  Bewaring  |  Beroerte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.