Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kanadese kry ‘tekens van olie’ in Kavango

ReconAfrica, ’n junior Kanadese olie- en gasmaatskappy, het glo tekens van olie en gas in die Kavango-kom in die noordooste van Namibië raak geboor.

Die Namibiese regering en ReconAfrica­ het die vonds gister in ’n gesamentlike verklaring verwelkom.

Thomas Alweendo, Namibie-se minister van mynbou en energie­, sê dit lui ’n “wonderlike tyd vir die mense van Namibië in”.

Die “baie waardevolle energiebron” hou groot potensiaal vir die ontwikkeling van die land in, sê hy.

“Dié ontdekking is ’n merkwaardige ontwikkeling vir Namibië se pogings om energiebronne op sy grondgebied te vind.

“Die positiewe resultate wat die olieboorgat opgelewer het, kan Namibië se potensiaal as olieprodusent vestig.

Stemme van oor die wêreld heen gaan tans op teen Recon­Africa se boordery.

“Ons kan nou met vertroue sê Namibië is geseën met ’n aktiewe oliebekken op land,” sê Alweendo.

ReconAfrica sê die maatskappy is daartoe verbind om die gebied so min as moontlik te ontwrig. Hy benadruk hy hou prospekteerlisensies oor meer as 3,4 miljoen ha.

“Ons is besig om die noordooste van Namibië en die noordweste van Botswana vir olie- en gaseksplorasie oop te maak.”

Die maatskappy het vroeër gesê­ hy gaan tot 3 810 m diep in die Kavango-kom boor.

ReconAfrica het nie gister gesê­ op watter vlak hy die “tekens” van olie en gas raak geboor het nie.

Bewaringsorganisasies het die olievonds betreur en sê as die hoeveelheid olie wat ReconAfrica “raak geboor het”, kommer­sieel ontginbaar is, beteken dit die einde van die Okavango-delta met sy ryk natuurlewe en waterbronne.

Hulle gaan wel nie ophou veg vir die bewaring van die Okavango-delta nie.

Stemme van oor die wêreld heen gaan tans op teen Recon­Africa se boordery en druk neem toe op die maatskappy om die gebied te verlaat.

Meer oor:  Olie  |  Omgewingsbewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.