Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kathu-sonpark bring krag vir 180 000 huise

Die Kathu Solar Park in die Noord-Kaap wat sonkragenergie aan sowat 179 000 huise verskaf, is verlede Donderdag deur die provinsiale premier, Sylvia Lucas, geopen.

Dit is luidens ’n verklaring van Sener Suid-Afrika die land se grootste aanleg vir gekonsentreerde sonkrag.

Die projek van R29 miljoen word bedryf op die beginsel dat dit volhoubaar op ’n ekonomiese, maatskaplike en omgewingsbewaringsvlak moet wees.

Siyabonga Mbanjwa, streekbestuurder van Sener, sê gekonsentreerde sonkrag is ’n volhoubare alternatief vir die tradisionele manier van kragopwekking en verskaf werk in die vervaardiging van sonkrag, bou dan die aanleg en in landelike ontwikkeling.

Die aanleg het op 30 Januarie vanjaar in bedryf getree.

“Dit kan 100 MW opwek, wat elektrisiteit aan 179 000 huise kan verskaf. Dit bespaar die uitlating van sowat 6 miljoen ton koolsuurgas oor 20 jaar in die atmosfeer.

“Dit behels ’n stelsel van gesmelte sout wat energie vir 4,5 termiese uur ná sonsondergang berg, wat die aanleg se operasionele kapasiteit verleng.”

Sener gebruik ’n gepatenteerde stelsel van paraboliese trogtegnologie.

Die aanleg is in 2016 begin bou en het 1 200 werksgeleenthede geskep. Dit het ook die plaaslike ekonomie gestu en plaaslike kontrakteurs het deur middel van die KSP- maatskaplike ontwikkelingsprogram en die Kelebogile Stigting in die John Taolo Gaetsewe-distrik daarby gebaat.

Meer oor:  Sylvia Lucas  |  Kathu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.