Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kersdag-weer in noorde soos familie: warm, met donderstorms
Nika Verwey (15) en Oreo Woensdag langs die Mooirivier in Potchefstroom. ’n Warm Kersdag word hier, soos elders in die noorde van die land, verwag. Foto: Susan Cilliers

Suid-Afrikaners in die noordelike provinsies van Suid-Afrika se Kersdag sal baie soos familiebyeenkomste verloop: warm met ’n sterk moontlikheid van donderstorms soos wat die kuiery vorder.

Volgens Lulalo Maphugwi, ’n voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sal temperature in Noordwes, Gauteng, Limpopo en Mpumalanga in die hoë 20’s en lae 30’s wees.

“Daar is ’n kans van sowat 30% op reënbuie en donderstorms deur die loop van die middag.”

Die weerdiens voorspel ’n maksimum temperatuur van 29 °C in Pretoria met gedeeltelik bewolkte weer, terwyl Johannesburg ’n koelerige, bewolkte somersdag met ’n maksimumtemperatuur van 26 °C kan verwag.

In Noordwes sal dit ’n lekker warm dag wees, met ’n maksimum temperatuur van 32 °C in Potchefstroom, waar die wolke lafenis behoort te bied. In Vryburg sal die hitte egter versengend wees met ’n maksimum van 34 °C met geen wolkie in sig nie.

In Polokwane sal dit ook ’n warm dag (maksimum 32 °C) wees, met ’n moontlikheid van lafenis laatmiddag wanneer daar ’n 30%-kans op reën en donderstorms is, het Maphugwi gesê.

Meer oor:  Weervoorspelling  |  Donderstorms  |  Kersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.