Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kewers bedreig duisende bome

Inwoners van Kaapstad word gevra vir hulp om die verspreiding te keer van ’n indringerkewer wat bome in die stad en omliggende gebiede bedreig.

Dié stompkopkewer (Euwallacea whitfordiodendrus) kom oorspronklik uit Asië. Dit het reeds duisende bome in ander dele van die land beskadig en vernietig.

In die Kaap is dit reeds gesien in die noordelike voorstede van Helderrant en La Sandra en in Worlds View in Somerset-Wes.

Bome wat besmet is met die indringerkewer word afgesny en verwyder om verdere verspreiding te voorkom. Foto: Verskaf

Die kewers grawe tonnels in bome om hul eiers te lê en is veral aktief in esdoringbome, eikebome, wilgerspesies, avokadobome en sommige akasias.

Die kewers is draers van ’n swam wat die vatweefsel van die boom aanval. Dit veroorsaak ’n siekte genaamd, fusarium dieback (FD) wat veroorsaak dat water en voedingstowwe afgesny word. Dit lei uiteindelik tot die vernietiging van die boom.

Dié kewers hou ’n ernstige bedreiging vir die bome en ekostelsels in die gebied in.

Luidens ’n verklaring deur die metro is daar geen effektiewe of geregistreerde behandeling vir die insek of die swam nie. Ernstig besmette bome word verwyder en vernietig om die verspreiding van die siekte te keer.

Die larwe van die kewer in die stam van die boom. Foto: Verskaf
Die indringerkewerspesie hou ’n groot bedreiging vir bome in die Kaapstad-metro en omliggende dele in. Foto: Verskaf

“Lede van die publiek word dringend versoek om nie besmette bome af te sny en besmette materiaal te vervoer na enige stortingsterreine nie. Dit kan die swam verder laat versprei,” sê Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid

“Ons personeel hou die situasie dop, maar ons het die hulp van die publiek nodig.”

Tekens van besmetting is gom op die bas, gaatjies van sowat 2 mm met ’n poeieragtige of saagsel-afskeiding en takke wat verwelk of doodgaan.

“Daar is nog tyd om die probleem te beheer as almal saamwerk en gespesialiseerde personeel by die metro kontak as hulle iets vermoed. Dié mense is opgelei om vinnig op te tree om ons bome te red,” sê Badroodien.

Die Kaapstad-metro vra dat mense wat tekens van die kewers sien, dit telefonies aanmeld by die tolvrye nommer 086 0103 089.

Nog inligting oor die kewer is op die volgende twee webwerwe beskikbaar: Kaapstad Metro en FABI.

Die stam van ’n besmette boom.Foto: Verskaf
Meer oor:  Kaapstad-Metro  |  Omgewing  |  Indringerkewer  |  Bewaring  |  Stompkopkewer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.