Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kewers wat bome verwoes aan Oos-Rand

Die indringerboorkewer wat nou al soveel bome in verskeie dele van die land verwoes het, het nou na die Oos-Rand versprei.

“ ’n Plaag polifagiese (veelvretende) boorkewers (Euwallacea sp.) is in Bedfordview geïdentifiseer en ons doen alles moontlik om te keer dat die kewer verder versprei,” sê die Ekurhuleni-metro in ’n mediaverklaring.

’n Boom wat deur die veelvretende boorkewers se dodelike fungus besmet is. Foto: CITY OF EKURHULENI VIA FACEBOOK

Dié boorkewer besmet die bome met ’n dodelike fungus (Fusarium sp.), het Metro-Beeld-Suid vroeër berig.

Dit is reeds in Johannesburg, die Walter Sisulu Botaniese Tuin aan die Wes-Rand en in George in die Wes-Kaap geïdentifiseer.

Die metro sê hy kniehalter tans die verspreiding van die kewer deur die besmette bome af te kap en die hout te verbrand.

Die kewers maak merke op die boombas wat soos ’n koeël­gat lyk en verkleur het.

Kwesbare bome is onder meer avokado-, makadamianeut-, pekanneut-, perske-, lemoenbome en wingerde. Eksotiese bome soos esdoring, without, kamelia- en eikebome is ook kwesbaar.

Meer oor:  Oos-Rand  |  Fungus  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.