Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kimberley se flaminke begin weer floreer

Die toekoms van die flaminke in die Kamfersdam in Kimberley lyk meer rooskleurig nadat goeie reën die afgelope paar dae uitgesak het.

Ekapa Mining is ook hard aan die werk om die retikulasieprobleme met afvalwater, wat gewoonlik in die dam gestort word, op te los.

Dié foto van die flaminke is Maandag in Kimberley geneem. Foto: Facebook

Mark Anderson, uitvoerende hoof van BirdLife SA en een van die stigterslede van die Kimberley-flaminkkolonie, het Dinsdag gesê ’n suksesvolle vergadering tussen verskillende rolspelers is Maandag in Kimberley gehou, en almal is nou op dieselfde blaadjie.

Die vergadering volg op die onlangse reddingsoperasie waarin 2 000 flaminkkuikens verwyder is nadat hulle deur die broeipare weens die droogte verwerp is.

Anderson sê ’n klein span, gelei deur BirdLife SA, gaan voortaan aan die stuur wees van enige besluitneming, voordat enige verdere reddingspogings plaasvind.

“Daar is eenparig ooreengekom dat geen verdere versteurings gaan plaasvind nie, tensy daar besluit word om meer kuikens te red.

“Dit word egter al hoe meer onwaarskynlik vanweë die goeie reënval en Ekapa Mining wat goeie werk doen om die retikulasieprobleme met afvalwater reg te stel.”

Volgens Anderson is die flaminke tevrede en gaan hulle voort om te broei.

BirdLife SA hou dié broeiproses 24 uur ’n dag dop, sê Anderson.

“Volwasse flaminke sit styf op hul nessies en duisende klein grys kuikens kloek al saam. Ons kan nie gelukkiger wees nie.”

Die reddingspoging word deur die private speurder en voëlliefhebber Mike Bolhuis met die ondersteuning van die departement van omgewingsake en ander kenners gekoördineer.

Mike Bolhuis met van die kuikens wat hy gered het.Foto: BEELD/Argief

Die kuikens word op Bolhuis se kleinhoewe, asook by die Montecasino-voëlpark, die aasvoëlrehabilitasiesentrum VulPro, die Nasionale Dieretuin in Pretoria, Lory Parkdieretuin in Gauteng, uShaka Marine World in Durban, en World of Birds en die Suid-Afrikaanse stigting vir die bewaring van kusvoëls (Sanccob) in Kaapstad versorg.

Nog 16 kuikens word in Kimberley versorg.

Die kleinflaminkkuikens wat byna drie weke gelede van die opgedroogde Kamfersdam gered is, sal ook moontlik later in die natuur vrygelaat kan word.

Meer oor:  Mark Anderson  |  Ekapa Mining  |  Kimberley  |  Flaminke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.