Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kitsvloede sterk moontlikheid, maan SA Weerdiens

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ’n waarskuwing uitgereik vir swaar reën en moontlike kitsvloede wat op Nuwejaarsdag verwag word.

Dit is veral Noordwes en Gauteng wat geraak kan word.

Goeie reën het die afgelope 24 uur tot 08:00 Dinsdagoggend uitgesak oor Gauteng, Noordwes en Mpumalanga.

Luidens die SAWD se jongste statistiek is 50 mm reën in Johannesburg en 56 mm reën in Wonderboom in Pretoria gemeet.

By Heritage Hill in Centurion is 44 mm reën gemeet en dieselfde hoeveelheid reën (44 mm) het ook in The Wilds in die ooste van Pretoria uitgesak, berig Sarel van der Walt.

Emalahleni (Witbank) het 53 mm reën gehad en in die Pilanesberg in Noordwes is 43 mm reën gemeet.

Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo het ook verligting van die afgelope paar dae se hitte gehad met 34 mm reën wat uitgesak het.

Die reën in Johannesburg het Maandag kitsoorstromings in Sebokeng veroorsaak.

reen
Voertuie op die N1 in Pretoria op Nuwejaarsdag. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Sa Weerdiens  |  Oorstromings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.