Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
‘Klimaat se rol in rampe ál groter’

Die wêreld het verlede jaar sowat $160 miljard (R2 224 miljard) weens natuurrampe verloor. Hierin het klimaatsverandering ’n groot rol gespeel.

So het die versekeringsreus Munich Re verlede week in ’n verklaring gesê toe hy sy jaarverslag vir 2018 uitgereik het.

Volgens Munich Re was 2018 dié jaar waarin die impak van klimaatsverandering op die wêreld werklik duidelik geword het.

Afrika het in vergelyking met die res van die wêreld nie so erg onder natuurrampe deurgeloop nie, sê die versekeraar se kantoor in Johannesburg. Die omvang van skade wat natuurrampe verlede jaar in Afrika aangerig het, was sowat $1,4 miljard, maar die meeste hiervan was verliese (van byvoorbeeld infrastruktuur) wat nie verseker was nie.

Die ergste rampe op die vasteland was onder meer die droogte in Suid-Afrika wat van Januarie tot Mei geduur het. Die totale koste hieraan verbonde was sowat $500 miljoen.

Vloede wat van Maart tot Mei voorgekom het, het skade van sowat $350 miljoen in Kenia aangerig en van sowat $280 miljoen in Nigerië.

Nico Conradie, hoof van Munich Re in Afrika, sê met die uitsondering van Suid-Afrika is bitter min infrastruktuur in Afrika teen natuurrampe verseker.

Hy sê baie Afrikalande groei in ’n geweldige tempo en ’n ramp kan baie mense se lewensmiddele gou vernietig. Daarom is dit belangrik dat Afrika die versekeringsmark betree.

Die versekeraar meen brande is een van dié bewyse dat klimaatsverandering se intensiteit toeneem en rampe meebring.

Volgens Munich Re is 10 400 mense in 2018 in natuurrampe dood. Die afgelope drie dekades is 53 000 in sulke rampe dood.

Meer oor:  Droogte  |  Klimaatsverandering  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.