Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Klimaatsverandering bekyk ná brande in S-Kaap

Die uitwerking van klimaatsverandering gaan onder die soeklig kom by ’n seminaar van die Garden Route Environmental Forum (GREF) om die verwoestende brande op 7 Junie 2017 in Knysna in die Suid-Kaap te herdenk.

Brande voor en na 2017 dui op ’n kwesbare gebied wat sukkel met klimaatsverandering en risiko’s weens droogte, veldbrande en ’n aanhoudende verlies van biodiversiteit en natuurlike omgewing, sê Monde Stratu, munisipale bestuurder van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, in ’n verklaring.

Oorblyfsels van ’n eiendom in Knysna Heights ná die brande van 7 Junie 2017.

Volgens Stratu is die doelwit om pogings te ondersteun sodat die distrik beter voorbereid is op klimaatsverandering en dit die hoof kan bied.

Cobus Meiring van die GREF-sekretariaat sê natuurrampe op ’n ongekende skaal soos die brande in die Outeniekwaberge in Oktober 2018, en meer onlangs die tropiese sikloon, Idai, wat skade veroorsaak het in Beira, Mosambiek, moet as ’n wekroep dien vir gemeenskappe en owerhede dat klimaatsverandering ’n realiteit is en dat niemand daarteen bestand is nie.

Volgens Meiring is weerlose gemeenskappe soos dié in die Groot en Klein Karoo blootgestel aan die langtermyn-nagevolge van verlengde droogtetydperke en boere wat hul bedrywighede staak, wat daartoe lei dat die gemeenskappe haweloos gelaat word.

By die seminaar sal daar onder meer gekyk word na navorsing en die ontwikkeling van ’n strategie om die risiko vir brande in die gebied te verminder, asook ander bestaande maatreëls en toekomstige beplanning. Meer besonderhede oor die seminaar sal binnekort bekend gemaak word.

Meer oor:  Klimaatsverandering  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.