Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kliniek oorvol ná talle diere verlate gelos is in feestyd

Mense wat hul werk verloor het weens die Covid-19-pandemie of niemand het om na hul diere om te sien as hulle weggaan nie, is van die redes waarom diere die afgelope feestyd in skuilings beland het of verlate deur hul eienaars gelos is.

Die Mdzananda-dierekliniek in Khayelitsha, Kaapstad, sê katte en honde wat sonder ’n heenkome is, het gedurende die vakansie en in die nuwe jaar deur sy deure “gestroom”.

Van die diere se eienaars het vir familie in die Oos-Kaap gaan kuier en niemand gehad om na hul diere om te sien nie. Mense se verhoogde uitgawes in dié tyd en diegene wat hul werk verloor het weens die pandemie speel ook ’n rol, luidens ’n verklaring.

Dobbie, een van die honde by die Mdzananda-dierekliniek in Khayelitsha, Kaapstad, wat aangeneem kan word. Foto: Verskaf

Die kliniek het egter nou sy kapasiteit bereik en moet mense weg- of na ander organisasies verwys, sê Marcelle du Plessis, die kliniek se woordvoerder. Weens die hoeveelheid diere wat aangeneem kan word, bestuur iemand nou die aannemings. Mdzananda het ’n klein fasiliteit waar 12 honde en 12 katte gehuisves kan word. Gedurende Desember is 26 honde en 14 katte oorhandig. Drie honde en 26 katte is reeds in pleegsorg. Die situasie plaas ook finansiële druk op die kliniek.

Die dierewelsynsorganisasie Hoekwil Human Society, wat hom toespits om diere in Hoekwil en Touwsranten naby George te steriliseer, sê by navraag talle inwoners van Touwsranten kan nie meer hul diere versorg nie omdat hulle hul werk in die restaurantbedryf verloor het.

Baie mense het ook die afgelope Desember hul diere na die Dierebeskermingsvereniging (DBV) geneem weens ’n groot uitbreking van hondesiekte in die gebied.

Keshvi Nair, woordvoerder van die Nasionale DBV, sê by navraag gedurende die feestyd en aan die begin van die nuwe jaar is die NDBV en sy lidorganisasies se finansies en ruimte onder druk.

“Ons hanteer baie meer klagtes oor wreedheid omdat mense in dié tyd nie altyd baie verantwoordelik optree nie, asook klagtes oor verlore, siek, beseerde en ongewenste diere, soos dié wat as Kersgeskenke gekoop is.”

Sy sê die NDBV tree nou proaktief op en vra mense

in die gemeenskap of hulle nie langer na hul diere kan omsien nie. Volgens haar is dit nou duideliker as ooit hoe belangrik die NDBV se werk is en hoeveel die publiek se steun benodig word om diere, en gevolglik mense, te kan help.

Nair sê daar is geen verskoning om ’n dier verlate te los nie, en boonop is dit ’n oortreding van die Wet op Dierebeskerming. Enige DBV neem 24 uur van die dag ongewenste diere gratis in.

• Vir meer inligting kan mense www.mdzananda.co.za en https://thegivezone.org/hoekwil-humane-society/ besoek. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.