Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Knysna wil weer bobbejaan-monitors aanstel

Die Knysna-munisipaliteit wil weer bobbejaanmonitors aanstel nadat ’n groot trop kese die afgelope paar weke gereeld in die Hunters Home- en Rexford-gebied moleste maak.

“Ons het in die verlede bobbejaanmonitors gehad,” sê Nwabisa Pondoyi, ’n munisipale woordvoerder, by navraag. “Ons beplan om hulle terug te bring.”

Volgens inligting van die munisipaliteit het die bobbejane se moleste die laaste paar weke toegeneem.

Dawid Adonis, Knysna se waarnemende munisipale bestuurder, sê in ’n verklaring hoewel CapeNature verantwoordelik is vir die bestuur van wildlewe, moet proaktiewe oplossings gevind word om bobbejane af te skrik om stedelike gebiede binne te kom.

“Die Knysna- munisipale wildlewe-moniteringskomitee het CapeNature genader om ’n oplossing en samewerking rakende die konflik met die bobbejane. Ons werk ten nouste met die Knysna bobbejaan-aksiegroep, CapeNature en Sanparke saam op soek na maniere hoe mense en bobbejane kan saamleef.”

Bobbejane word beskerm ingevolge wetgewing en mag nie gevoer of gejag word sonder ’n permit nie.

Volgens Adonis word bobbejane beskerm ingevolge wetgewing en mag hulle nie gevoer of gejag word sonder ’n permit nie. Mense wat betrap word dat hulle bobbejane voer kan een jaar tronkstraf of ’n boete van R5 000 opgelê word. Mense wat na bobbejane met verfgewere of enige ander wapens sonder ’n permit skiet, kan twee jaar tronkstraf of ’n boete van R10 000, of beide, opgelê word.

Volgens die instituut vir gemeenskappe en wildlewe in Afrika (ICWild), sal bobbejaantroppe steeds stedelike gebiede besoek ondanks maatreëls om die gebiede bestand te maak. Maar waar mense byvoorbeeld plante in tuine sou plant wat dieselfde is as die in nabye natuurlike gebiede, sal bobbejane die meeste tyd deurbring op soek na kos in die nabye gebiede. Dit is bevestig deur Baboon Matters, ’n organisasie sonder winsbejag, wat sê indien mense se tuine vol plante is wat in gebiede buite woonbuurte voorkom, is daar geen rede vir die bobbejane om die tuine binne te kom nie.

Mense word verder aangeraai om:

• Boute by skuifdeure aan te bring;

• Grendels by vensters aan te bring om bobbejane te verhoed om die raam te trek en die glas te breek;

• Diefwering aan te bring met gapings van kleiner as 8 cm, ingesluit aan die kante en bokant van vensters wat gewoonlik oopgehou word;

• Inheemse tuine in oop gebiede aan te lê, op die rand van paaie en ook inheems in jou eie tuin te plant;

• Nooit enige kos of sade oop en bloot te los wat bobbejane lok nie, en om vrugtebome en komposhope te omhein; en

• Vullisdromme met hangslotte te sluit en die deksel met ’n ketting of tou vas te maak. Vullisdromme kan ook aan ’n paal in die grond vasgemaak word, of mense kan hul geslote vullisdrom op sy kant los.

Meer oor:  Knysna  |  Natuur  |  Bobbejane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.