Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Koel naweek lê vir Suid-Kaap voor

’n Nat, koel naweek lê vir talle plekke in die Suid-Kaap voor.

Van Vrydag tot Maandag is daar ’n 30%-kans op reën op plekke soos George, Knysna, Mosselbaai en Riversdal.

Vrydag word ’n maksimum temperatuur van 18 °C vir George voorspel, Saterdag 22 °C, Sondag 23 °C en Maandag 20 °C.

In Knysna sal temperature van Vrydag tot Maandag tussen 19 °C en 23 °C wissel, ook met ’n 30%-kans op reën.

Van Vrydag tot Maandag word geen reën voorspel vir Beaufort-Wes nie, maar minimum temperature onder 10 °C word van Vrydag tot Maandag verwag.

Slegs Maandag is daar ’n 30%-kans op reën in Oudtshoorn. Van Vrydag tot Maandag sal die temperature in die Volstruisdorp tussen 16 en 19 °C wissel.

Vrydag is daar ’n 30%-kans op reën in Plettenbergbaai en Maandag ’n 60%-kans.

Meer oor:  Suid-Kaap  |  Naweek  |  Weer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.